Thursday 16 January 2014

Sunette Bridges‎Sunette Bridges

Ons geselsie oor en met die Suidlanders is "gepin" bo aan die blad. Lees gerus daar as jy meer oor hulle te wete wil kom. Daar is ook 'n FB groep waar hulle vrae antwoord en die skakel na die blad is ook in die gesprek geplaas.

Dankie aan Coenie Maree, Doreen Stassen en Suidlanders Kathu wat ons te woord gestaan het. Ek waardeer die gees waarin die gesprek gevoer is geweldig baie.

Ek sal graag more aand oor en met die AWB wil gesels en ek hoop dat Antonie Horn en sy makkers ons te woord sal staan.

Mooi aand vir almal van julle... Ek gaan nou fliek saam met manlief!

Slaap sag, droom groot en glo onvoorwaardelik! Sx

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.



WAT IS ‘N VLAG?

‘n Vlag is nie maar net ‘n stuk lap nie. ‘n Vlag verteenwoordig ‘n volk of ander etniese of staatkundige gemeenskap en die grondgebied waarop daardie gemeenskap woon. Daar is etniese gemeenskappe en volke wat nie oor eie grondgebied beskik nie maar wat nogtans oor eie vlae beskik. Die vlag simboliseer, verteenwoordig, en staan vir die etniese gemeenskap of volk wat hom ontwikkel het, en vir sy hele geskiedenis. Verbranding van ‘n vlag is die grootste belediging wat ‘n mens aan ‘n volk of nasie kan toevoeg.

Vlae ontstaan nie normaalweg as skeppings van komitees nie, maar ontwikkel met verloop van tyd, uit die simbole wat vir die betrokke volk, stam, nasie of ander etniese eenheid belangrik is. Sulke simbole moet met die nodige eerbied en respek behandel word. Vlae word op spesifieke voorgeskrewe wyses vertoon en behandel. Vuil of geskeurde vlae mag nie gevoer word nie en moet vervang word. Vlae word gou goedkoop en word allemansgoed as hulle sonder eer en respek behandel word of op onwaardige wyse vertoon word. Vergelyk die Amerikaanse vlag en Mandela se heksepoot wat selfs op ASBLIKKE voorkom!

In die geval van die simbole van die Europese volkere is dit ooglopend dat sekere simbole en kleure herhaaldelik voorkom. Dit is nie bloot toevallig dat die kleurkombinasie rooi wit en blou in die vlae van die meeste Europese volkere voorkom nie, vanaf Siberië tot Hiberië, en in die Britse eilande en die VSA en verder.

Ook die Vierkleur van Transvaal as simbool kom baie ver vandaan, oor baie millenniums. Dit moet dus met die nodige eer en respek behandel word en daar is sekere gebruike en simboliese handeling daarom verweef.

Vir lede van die Boerevolk is die Transvaalse Verkleur en die Vrystaatse vlag simbole wat hulle van hulle Hemelse Vader ontvang het, en wat deur Hom bewaar is oor die eeue. Hierdie twee vlae is derhalwe vir die Boerevolk die belangrikste volksvlae en die vlae van de toekomstige Boerestaat.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.
Lewe die Boerevolk! Laat die Vierkleur wapper! “En wee die Godverlate hand wat hom weer neer sal haal”

Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

Boere Krisis Aksie (B.K.A.) 

 (Gordon) vanaf Witbank Se Hulp Kreteposted to Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

Witbank Crime
Egpaar op grondpad aangeval

Mnr. Jan Venter was byna bewusteloos geslaan nadat die aanvaller hom op die kop bygedam het. Sy regterarm- en been is ook gebreek.

Die volgende haal van die houtstok val op haar arm, terwyl sy met die motor se sleutel sukkel.

Sy voel net ’n dowwe pyn, want al haar aandag is op die gryshaar man wat voor haar oë herhaaldelik geslaan en met klippe bestook word... die bloed wat teen sy gesig af loop en sy kreungeluide is al wat sy hoor...

Me. Hermiena Venter (67) sukkel nog steeds om te slaap in die aande wanneer die nagmerries by haar spook. Sy sien die twee mans, die een met ’n mes so lank soos haar arm en die ander wat haar man dan aanval met stokke en stene.

Na die voorval lei beide pensionarisse nog erg aan skok en herroep moeilik die gebeure wat op Maandag 6 Januarie op ’n grondpad plaasgevind het.

Hermien en haar man, Jan (59), was op pad na die Jackaroo-plotte om hul seun te gaan besoek die dag.

Na hul eers by ’n winkel gestop het, het die egpaar naby ’n veld verbygery (in die Jackaroo-omgewing) waar hul toe die teiken van die booswigte geword het.

Hermien het vertel hoe die twee mans ewe skielik hul verskyning gemaak het en hul in die motor voorgekeer het.

“Hulle het ons afgedwing in ’n nouer paadjie, waar daar so ’n diep sloot was,” verduidelik sy dan en sê dat sy nie vinniger deur die sloot kon ry om weg te kom nie.

“Hulle het die kar se deure probeer oopmaak en toe vir ons geskree om ons deure oop te maak.” Hermien vertel verder dat nadat hul geweier het om die deure oop te sluit, een van die mans ’n groot klip opgetel het en haar venster (aan die bestuurderskant) stukkend gegooi het.

“Die man wat langs my deur gestaan het, het só ’n lang en breë mes by hom gehad,” het Hermien met haar hande verduidelik.

Hermien se eggenoot, wie se arm in gips aan sy skouer vasgebind hang, vertel dan verder hoe hy sy vrou in gevaar sien en toe die waaghalsige besluit neem om, met sy krukke, uit die voertuig te klim.

Die ander verdagte het die weerlose man, wat net sy vrou probeer help het, toe aangeval met ’n stok en klippe, nadat hy sy krukke gevat het en in die veld ingeslinger het.

Een van die egpaar se hondjies, Seuntjie, wat saam met hul die dag in die motor gery het, het uitgespring toe sy baas aangeval word. “Ons laaitie het probeer terugbaklei,” vertel Venter dan trots, maar sê dat die aanvaller hom ook oorweldig het en hy moes terugspring in die voertuig.

Die verdagte met die mes het Hermien deur die gebreekte venster aangeval. “Hy het my met ’n stok, wat soos ’n afgebreekte besemstok gelyk het, op die arm geslaan.”

Die booswigte het voortgegaan om die enjinkap, asook die kattebak van die voertuig oop te maak. “Die man met die mes het sommer die battery losgesny en uitgehaal,” herroep Hermien. Die verdagtes het toe glo gereedskap en ’n ‘koeler-boks’ uit die kattebak gevat en ook geld gevra.

Hulle het beide die egpaar se beursies gevat met R300 kontant en alle bankkaarte en identiteitsdokumente. Jan was slim genoeg om hul selfone te versteek wat hul toe, na die verdagtes gevlug het, gebruik het om een van hul kinders te kontak om te help.

Byna twee weke na die voorval, herstel die egpaar stadig. Die bejaarde man se arm is gebreek tydens die voorval, sy kop dra die merke en steke waar die stene en stok hom oopgekloof het en sy been staan dik van die ysterpenne wat die erg beseerde voet en been spalk.

“Dit gaan nou broekskeur, met meeste van ons kinders wat ver bly, maar help waar hul kan,” het Hermien gesê en sê dat die koste van die skade aan hul voertuig en die mediese onkoste hul aan die sak geruk het en dat hul sal hulp nodig hê om weer op die been te kom.

Die polisie ondersoek die saak, maar geen verdagtes is naby die veld opgespoor nie.

Witbank Se Hulp Krete Dis omdat die verdomde Munisipaliteit nie die bome en grasse wil afsny nie!! Miskien moet ons as gemeenskap saam staan en dit self doen! Dis hier by ons, 4 huise van my huis af!

Fears That Farm Murders Are On The Rise

Fears That Farm Murders Are On The Rise 


Pretoria – Five farm attacks have taken place during the last four days, according to civil rights group Afriforum, who warn that South African farmers may be in for a tough year as the escalation of farm murders and attacks continue and even worsen into 2014.
“In the latest incident, a farmer and his wife were attacked by two armed men on their farm outside Barkly-East last night. The farmer, Sarel Pretorius from the farm Rooipoort, was shot dead. His wife was locked in the bathroom,” said Deputy CEO of Afriforum, Ernst Roets.
Roets said while police did react quickly after the attack and murder, taking fingerprints at the scene, it remains a top priority for police to declare farm attacks a priority crime.
“There is no fence left to sit on in this crisis. Either the police are part of the solution or they are part of the problem,” said Roets.
But Afriforum Head of Community Safety, Ian Cameron said pressure on government alone cannot solve the crisis. He said communities have both the right and ability to safeguard themselves:
“The don’t-care attitude of government towards farm murders has created a situation where the public must take responsibility for their own safety. We appeal to people to become involved with community safety networks. In communities where these networks were established we can see a significant drop in crime.”
After the Barkly East attack Afriforum’s own neighbourhood and farm watches were mobilised to find the attackers, who had reported fled in a stolen white Toyota Hilux bakkie.
Four other farm attacks took place since last week:
  • 11 January – Bloemspruit. Dr Jacob Swart and his wife Elise were attacked on their farm with knives and steel pipes by two men. The attackers fled with a .22 revolver, a rifle, two cell phones and an undisclosed amount of cash.
  • 12 January – Wallmansthal area. An R5 attack rifle, allegedly issued only to the SAPS, was used in an attack on two victims in their sixties. The farmer was wounded and electrical appliances were stolen.
  • 14 January – Waterval area near Pretoria. The farmer was lured outside and attacked with a machete.
  • 14 January – Wallmansthal area. A farmer was held hostage and attacked.

 

Joan Vd Merwe shared South Africa




650 000 homicides in South Africa in 20 years! The SAPS stats confirm that towards the end of 2014, we will have had 650,000 homicides since 1994. Here are the facts: SAPS reports show 392,886 (56.65 per day) murders in last the 19 years. During the 2012/2013 year they reported 16,259 (44.54 per day). SAPS reports show 221,273 (31.91 per day) cases of culpable homicide in the 18 years up to 2011/2012. During the 2011/2012 year they reported 11,788 (32.26 per day). Our homicide rate per capita is 11.5 times higher than the gun crazy USA, and we are ranked top 5 in the world under the most homicidal countries. In the SAPS crime report for 2012/2103, there was NO mention of culpable homicide (the killing of another human being) under “serious crimes”, “contact crimes” or anywhere in the entire report. Taking an estimate of the 2012/2013 cases of culpable homicide (12,300) and a forecast for the combined murders and culpable homicides in 2013/2014 (28,000), we will pass 650,000 homicides by late this year, 90 per day since 1994. More at link: http://praag.org/?p=12597#sthash.vt4O0Zvz.dpuf

Farmer shot dead in Eastern Cape

Farmer shot dead in Eastern Cape

 

East London - A man has been shot dead in a farm attack in Barkly East, north of Elliot in the Eastern Cape, police said on Wednesday.
Sarel Pretorius was killed by two armed men on the farm Rooipoort on Tuesday evening, said Warrant Officer Nozuko Handile. His wife was locked in a bathroom. The attackers fled in the Pretorius's white bakkie.
"There is a task team that is busy investigating and searching for the suspects," said Handile.
Civil rights group AfriForum praised the police for their quick reaction.
Escalation in farm attacks
However, it said it was worried that the escalation in farm attacks last year would continue in 2014.
It would intensify its campaign to prioritise farm murders.
AfriForum deputy CEO Ernst Roets said it also aimed to get the police to establish specialist reaction units to ensure rural safety.
"There is no fence left to sit on in this crisis. Either the police are part of the solution or they are part of the problem," he said in a statement.
AfriForum community safety head Ian Cameron said added pressure on the government alone would not solve the crisis, and that the public also needed to take responsibility for their own safety.
"We appeal to people to become involved with community safety networks," he said.
"In communities where these networks were established, we can see a significant drop in crime," he said.
AfriForum said it would announce its action plan next week.
- SAPA

Antonie Horn


Terroriste slaan toe op medikus

Die afgetrede mediese spesialis, dr. Jacob Swart (67) is in ’n baie ernstige toestand na ’n terroriste aanval op hom en sy vrou, op hul plaas in die Bloemspruit omgewing.

Hy en sy vrou, Elise (65), is deur twee terroriste aangeval, wat hom met ’n staalpyp geslaan het met die doel om hom te vermoor, en die egpaar is daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.

Die twee terroriste het later met sy Hilux-bakkie, registrasie DVB 913 FS, asook sy rewolwer, ’n geweer, selfone en kontant op die vlug geslaan.

Woordvoerder kapt. Harry Nagel van die polisie sê twee mans het dr. Swart by die watertenk naby die huis oorrompel en hom aanhoudend met ’n staalpyp geslaan.

Die twee terroriste het die egpaar op ’n bed vasgemaak, waar hulle met ’n mes gesteek is. Mev. Swart kon later daarin slaag om haar los te kry en het gaan hulp soek.

Dr. Swart is opgeneem in die Mediclinic, waar hy versorg word. Sy toestand is baie ernstig, maar stabiel.

Mevrou Swart is ook stabiel, alhoewel sy baie pyn moet verduur.

Vegters Vir Vryheid

5 Plaasaanvalle in 4 dae, name bekend

Maroela media: 16/01/14 W.S.

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal volgende week ’n aksieplan ter opskerping van sy veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde bekendmaak. Die organisasie is bekommerd dat die toename in plaasmoorde en plaasaanvalle in 2013 blykbaar in 2014 gaan voortduur en vererger. Gedurende die afgelope vier dae het minstens vyf gewelddadige plaasaanvalle in die land plaasgevind.

Die jongste insident het gisteraand plaasgevind toe twee gewapende mans ’n boer en sy vrou op hulle plaas net buite Barkly-Oos aangeval het. Die boer, Sarel Pretorius (61) van die plaas Rooipoort, is doodgeskiet. Sy vrou, Annemarie, is tydens die aanval in die badkamer toegesluit. Die polisie het vinnig gereageer en vingerafdrukke is op die toneel gekry. AfriForum se buurt- en plaaswag is ook gemobiliseer om die verdagtes, wat in Elliot se rigting gevlug het, op te spoor. Die verdagtes het ’n wit Toyota Hilux-bakkie en ook vuurwapens gesteel.

Die Barkly-Oos gemeenskap is nog getraumatiseer deur die wrede plaasmoord op David (87) en Rallie de Villiers (86) wat in Oktober 2013 daar gepleeg is.

Die ander vier plaasaanvalle wat gedurende die afgelope vier dae voorgekom het, is soos volg:

11 Januarie – Bloemspruit. Dr. Jacob Swart en sy vrou Elise is op hulle plaas deur twee mans met messe en staalpype aangeval. Aanvallers het met ’n .22 rewolwer, ’n geweer, twee selfone en ’n onbekende bedrag kontant gevlug.
12 Januarie – Wallmansthal-omgewing. ‘n R5-aanvalsgeweer wat na bewering net aan die SAPD uitgereik word, is gebruik om die slagoffers, wat in hulle sestigerjare is, aan te val. Die boer is gewond en elektroniese toestelle is gesteel.
14 Januarie – Waterval-omgewing buite Pretoria. Die boer is buitentoe gelok en met ‘n panga aangeval.
14 Januarie – Wallmansthal. ‘n Boer is aangehou en aangerand.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat AfriForum se veldtog daarop gemik is om die SAPD sover te kry om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid te skep. “In hierdie krisis is daar nie meer ʼn draad om op te sit nie. Óf die polisie is deel van die oplossing, óf hulle is deel van die probleem.”

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het bygevoeg dat druk op die regering alleen nie die krisis gaan oplos nie. Gemeenskappe het die reg en die vermoë om hulself te beveilig. “Die regering se lakse houding jeens plaasmoorde het ʼn situasie geskep waar die publiek self verantwoordelikheid vir hul veiligheid moet neem. Ons doen ʼn beroep op elkeen om by gemeenskapsveiligheidsnetwerke betrokke te raak. In die gemeenskappe waar sulke netwerke tot stand gebring is, het misdaad beduidend gedaal.”

AfriForum se veldtog sal ’n verskeidenheid van bewusmakings- en protesaksies insluit, sowel as ’n strategie waarvolgens gemeenskapsveiligheidsnetwerke regoor Suid-Afrika op die been gebring sal word.

ANC government asked Facebook to spy for them

ANC government asked Facebook to spy for them

Written by 
Big Tata is watching... Or in this case, trying to watch.
The ANC government of South African has made 14 requests for information on users of Facebook, the social media site says. In all 14 cases Facebook told the government to take a hike by not releasing any stats.
Facebook took a page out of Google's book by making public requests from governments worldwide by publishing a Global Governments' Request Report for the six months ending June 30. 71 countries made more than 25,600 requests.
According to the report, most requests related to criminal cases, though some cited national security. Facebook says it did report the numbers for all criminal and national security requests to the maximum extent permitted by law. In some cases, governments sought subscriber information like a name and length of service. At times they wanted IP addresses, logs and account content. If they never dished out any info to the Saffa government, we can only assume the requests were for more mundane reasons and not for the reasons of cathcin a criminal and securing national security.
However, the requests by the SA government was miniscule compared to the fact that SA has around 4-million Facebook users.
The US government requested 12,000 reports, India 3,000 and the UK 1,975.

Wees Voorbereid

Wees Voorbereid

Ek begin agter kom dat meer en meer op afrikaanse web blaaie en blog's begin mense meer oopenlik te praat oor "die nag van lang messe"

Meeste van die skryfers wil dit voor kom is nuut in die idea, en bespreek nog of so iets kan gebeur of nie. My eie meening was nog altyd dat nie kan so iets begeur nie maar wanneer sal dit kom.

Selfs al is dit nie die anc struktuur wat so iets beveel nie , kan dit nie anders as gebeur nie want die anc en hul media (sabc) doen nog hul beste om als wat fout gaan in die swartmassa se lewens op die wit mens en meer so op die Boere te blameer. So siende hoe sleg dinge gaan in die land vir die meederheid swartes op die oomblik is dit net 'n kwessie van tyd tod hul in opstand kom teen huidige regeering stelsel en saam met dit sal hul eerste tykens al die wittes in die land wees.

Al wat dit kort is vir een plakkerskamp om 'n wit buurt te oorval en dan sal dinge soos 'n veld vuur versprei in die res van die land in.

Ek skat nogdans dat selfs al is Mbeki nie bewus daar van nie is die meeste bevel voerders in die anc besig om hul mense reg te maak vir so iets.

Ons grootste kommer is dat ons het geen plan om op terug te val vir as so iets aaklig ooit gebeur in die land nie. Meer en meer sien ek mense op hul web werfe se dat daaris planne maar die masse boere weet nie daar van nie. Ons moet nou iets uit dink en net agter in ons kop hou sodat as die ergste wel kom on darem ons self sal kan verdeedig. en mekaar sal kan red en opas.

Elke groot stad moet 'n plan nou al beraam van waarnatoe families kan vlug om by mekaar te kom in grooter nommers en dan van daar af waarna toe om te gaan om as volk saam te trek.

Maar mense julle sal moet uit die buurte en stede uit kom. en die enigste manier wat ons so iets sal oorleef is om in groot nommers by mekaar te trek.

boerkrag

Sunette Bridges News Page

Mal-Emma meen die blote feit dat blankes in SA vir die afgelope 20 jaar nog toegelaat was om grond te besit, is meer as wat ons verdien... Ons tyd is nou verby... Sx Speaking at a briefing in Johannesburg on Thursday, party leader Julius Malema said the fact that white people kept their land for 20 years after democracy is compensation enough. The EFF’s expropriation without compensation policy on land has been highly criticised. It has sparked fears among South Africa’s largely white farming community of losing their livelihoods. Malema on Thursday gave the assurance that agriculture production would not be affected during the reform period. “There’s going to be inclusion of those who were excluded from that land and it is going to be done whether the owners like it or not. Our people will own the land and continue with production.” He says farmers who acquired land after South Africa was colonised and during apartheid have already been compensated. “The 20 years of not taking the land should have been regarded as compensation because the land should have been taken in 1994. So we have compensated them enough.” At the same conference, Malema slammed capitalism and praised Zimbabwe’s President Robert Mugabe for what he called the most successful reform programme in Africa. The firebrand politician is convinced his party will take power in this year’s general elections and says they’re ready to govern.

Vyfde plaasaanval vir 2014: Boer sterf in Barkly-Oos

Vyfde plaasaanval vir 2014: Boer sterf in Barkly-Oos

  5 plaasaanvalle binne vier dae, name bekend

Sarel Pretorius (61), ʼn boer van Barkly-Oos in die Oos-Kaap is dood nadat hy en sy vrou, Annemarie, Dinsdagaand op hul plaas, Rooiport, aangeval is.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê twee verdagtes het omstreeks 20:00 of 21:00 by die slagoffers se plaas opgedaag in ʼn wit Toyota Hilux bakkie, wat vroeër die dag in Lady Grey gekaap is.
“Die twee mans was van ʼn donker gelaat maar het baie goed Afrikaans gepraat,” het Cameron gesê. Hulle het die boer en sy vrou erg aangerand. “Inligting is nog skaars, maar ons het verneem die boer is dood, en hulle het sy vrou toegesluit, waarna hulle in die rigting van Elliot gevlug het. Ons is nog nie seker of daar enigiets by die huis geroof is nie, maar ons weet wel dat vuurwapens geroof is.”
Cameron het gesê dit is verblydend dat die plaaslike taxi-vereniging van Elliot Dinsdagaand die gemeenskapspolisiëringsforum en buurtwag bygestaan het om na die bakkie en verdagtes te soek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volgens Cameron is dit die vyfde plaasaanval in die land vir 2014.
Die ander vier plaasaanvalle wat gedurende die afgelope vier dae voorgekom het, is soos volg:
  • 11 Januarie – Bloemspruit. Dr. Jacob Swart en sy vrou Elise is op hulle plaas deur twee mans met messe en staalpype aangeval. Aanvallers het met ’n .22 rewolwer, ’n geweer, twee selfone en ’n onbekende bedrag kontant gevlug.
  • 12 Januarie – Wallmansthal-omgewing. ‘n R5-aanvalsgeweer wat na bewering net aan die SAPD uitgereik word, is gebruik om die slagoffers, wat in hulle sestigerjare is, aan te val. Die boer is gewond en elektroniese toestelle is gesteel.
  • 14 Januarie – Waterval-omgewing buite Pretoria. Die boer is buitentoe gelok en met ‘n panga aangeval.
  • 14 Januarie – Wallmansthal. ‘n Boer is aangehou en aangerand.