Sunday 16 February 2014

Sunette Bridges News Page

Sy naam was nie Statistiek of Persentasie nie, sy naam was Jaap van Zyl
Sy was nie net ‘n nommer nie, haar naam was Ans Vercuiel
Hy was ‘n Pa, ‘n Man ‘n Vriend en sy was Gert se Vrou
Maar volgens Stats Suid-Afrika moet ons ‘n bruggie bou
Ons moordsyfers te laag vir kla, ons huise is mos luuks
En more moor hul nog ‘n Pa en versteek dit agter truuks
Op telrame en Excel sheets en slim verdraaide woorde
Die vraag wat NIEMAND atwoord nie is: “WIE pleeg hierdie moorde!”

Hy was nie in ‘n kroeg, betrokke in ‘n vuisgeveg
Sy was nie laat die aand in Proesstraat of Mandelaweg
Hy was tevrede tuis en op sy skoot sy kinders
Sy was in die tuin, die grond nog aan haar vingers.
Hy was nie doodgeskiet nie – gemartel en verag
Vir haar was dood ‘n panga, maar eers is sy verkrag.
Sy bloed sit teen die mure en hare vlek die grond
Maar op die staat se spreadsheets is al die syfers rond.

Dis “Kill the Boer, the Farmer” en wittes moet hier weg
Die Haatspraak wat hul pleeg is hul geboortereg
Ons teken maar die name op, die lys word al hoe langer
Ons bou ons mure ses voet hoog en word net al hoe banger
Die slimmes noem ons paranoid, die stats is aan ons kant
En ons moet ook mos offers bring aan die vervloekte land.
Maar steeds wil niemand antwoord nie en struikel oor hul woorde
En tergend bly die vraag steeds hang: “Wie pleeg hierdie moorde!”