Friday 14 February 2014

Abel Malan shared Sunette Bridges News Page's status update.

Hannes (61) en Hannetjie (66) le Roux en hul kleindogter is op 3 Februarie in hul huis in Noordheuwel deur 4 BARBARE aangeval!

Die BARBARE het deur die plafon in die hoofslaapkamer ingebreek. Hannetjie is met 'n hamer in haar gesig geslaan en Hannes twee keer met 'n mes in die bors gesteek.

"Hulle wou die kluissleutel hê," vertel Hannes.

Terwyl drie van die rowers die huis gestroop het, het die ander lakens om Hannes se kop en komberse om sy lyf gedraai.

"Hulle wou my versmoor."

Hannes wat teen daardie tyd al n groot hoeveelheid bloed verloor het, sê dat hy net vir kort oomblikke sy bewussyn herwin het.

"Ek was seker ek gaan sterf."

Hannetjie is beveel om vir die mans te wys waar hulle die kar parkeer.

"Ek moes die kar aansluit en uitklim, toe het die vier ingeklim en gevlug."

Toe dit stil word het die Le Roux's se kleindogter die straat ingehardloop om hulp te soek.

Inwoners verder af in die straat het uiteindelik kom help en die ambulansdienste is ontbied.

Na dae in die intensiewe sorg-eenheid van die Netcare Krugersdorp Hospitaal is Hannes ontslaan en sterk nou by die huis aan.