Thursday 16 January 2014

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.



WAT IS ‘N VLAG?

‘n Vlag is nie maar net ‘n stuk lap nie. ‘n Vlag verteenwoordig ‘n volk of ander etniese of staatkundige gemeenskap en die grondgebied waarop daardie gemeenskap woon. Daar is etniese gemeenskappe en volke wat nie oor eie grondgebied beskik nie maar wat nogtans oor eie vlae beskik. Die vlag simboliseer, verteenwoordig, en staan vir die etniese gemeenskap of volk wat hom ontwikkel het, en vir sy hele geskiedenis. Verbranding van ‘n vlag is die grootste belediging wat ‘n mens aan ‘n volk of nasie kan toevoeg.

Vlae ontstaan nie normaalweg as skeppings van komitees nie, maar ontwikkel met verloop van tyd, uit die simbole wat vir die betrokke volk, stam, nasie of ander etniese eenheid belangrik is. Sulke simbole moet met die nodige eerbied en respek behandel word. Vlae word op spesifieke voorgeskrewe wyses vertoon en behandel. Vuil of geskeurde vlae mag nie gevoer word nie en moet vervang word. Vlae word gou goedkoop en word allemansgoed as hulle sonder eer en respek behandel word of op onwaardige wyse vertoon word. Vergelyk die Amerikaanse vlag en Mandela se heksepoot wat selfs op ASBLIKKE voorkom!

In die geval van die simbole van die Europese volkere is dit ooglopend dat sekere simbole en kleure herhaaldelik voorkom. Dit is nie bloot toevallig dat die kleurkombinasie rooi wit en blou in die vlae van die meeste Europese volkere voorkom nie, vanaf Siberië tot Hiberië, en in die Britse eilande en die VSA en verder.

Ook die Vierkleur van Transvaal as simbool kom baie ver vandaan, oor baie millenniums. Dit moet dus met die nodige eer en respek behandel word en daar is sekere gebruike en simboliese handeling daarom verweef.

Vir lede van die Boerevolk is die Transvaalse Verkleur en die Vrystaatse vlag simbole wat hulle van hulle Hemelse Vader ontvang het, en wat deur Hom bewaar is oor die eeue. Hierdie twee vlae is derhalwe vir die Boerevolk die belangrikste volksvlae en die vlae van de toekomstige Boerestaat.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.
Lewe die Boerevolk! Laat die Vierkleur wapper! “En wee die Godverlate hand wat hom weer neer sal haal”

No comments:

Post a Comment