Thursday 16 January 2014

Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

Boere Krisis Aksie (B.K.A.) 

 (Gordon) vanaf Witbank Se Hulp Kreteposted to Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

Witbank Crime
Egpaar op grondpad aangeval

Mnr. Jan Venter was byna bewusteloos geslaan nadat die aanvaller hom op die kop bygedam het. Sy regterarm- en been is ook gebreek.

Die volgende haal van die houtstok val op haar arm, terwyl sy met die motor se sleutel sukkel.

Sy voel net ’n dowwe pyn, want al haar aandag is op die gryshaar man wat voor haar oë herhaaldelik geslaan en met klippe bestook word... die bloed wat teen sy gesig af loop en sy kreungeluide is al wat sy hoor...

Me. Hermiena Venter (67) sukkel nog steeds om te slaap in die aande wanneer die nagmerries by haar spook. Sy sien die twee mans, die een met ’n mes so lank soos haar arm en die ander wat haar man dan aanval met stokke en stene.

Na die voorval lei beide pensionarisse nog erg aan skok en herroep moeilik die gebeure wat op Maandag 6 Januarie op ’n grondpad plaasgevind het.

Hermien en haar man, Jan (59), was op pad na die Jackaroo-plotte om hul seun te gaan besoek die dag.

Na hul eers by ’n winkel gestop het, het die egpaar naby ’n veld verbygery (in die Jackaroo-omgewing) waar hul toe die teiken van die booswigte geword het.

Hermien het vertel hoe die twee mans ewe skielik hul verskyning gemaak het en hul in die motor voorgekeer het.

“Hulle het ons afgedwing in ’n nouer paadjie, waar daar so ’n diep sloot was,” verduidelik sy dan en sê dat sy nie vinniger deur die sloot kon ry om weg te kom nie.

“Hulle het die kar se deure probeer oopmaak en toe vir ons geskree om ons deure oop te maak.” Hermien vertel verder dat nadat hul geweier het om die deure oop te sluit, een van die mans ’n groot klip opgetel het en haar venster (aan die bestuurderskant) stukkend gegooi het.

“Die man wat langs my deur gestaan het, het só ’n lang en breë mes by hom gehad,” het Hermien met haar hande verduidelik.

Hermien se eggenoot, wie se arm in gips aan sy skouer vasgebind hang, vertel dan verder hoe hy sy vrou in gevaar sien en toe die waaghalsige besluit neem om, met sy krukke, uit die voertuig te klim.

Die ander verdagte het die weerlose man, wat net sy vrou probeer help het, toe aangeval met ’n stok en klippe, nadat hy sy krukke gevat het en in die veld ingeslinger het.

Een van die egpaar se hondjies, Seuntjie, wat saam met hul die dag in die motor gery het, het uitgespring toe sy baas aangeval word. “Ons laaitie het probeer terugbaklei,” vertel Venter dan trots, maar sê dat die aanvaller hom ook oorweldig het en hy moes terugspring in die voertuig.

Die verdagte met die mes het Hermien deur die gebreekte venster aangeval. “Hy het my met ’n stok, wat soos ’n afgebreekte besemstok gelyk het, op die arm geslaan.”

Die booswigte het voortgegaan om die enjinkap, asook die kattebak van die voertuig oop te maak. “Die man met die mes het sommer die battery losgesny en uitgehaal,” herroep Hermien. Die verdagtes het toe glo gereedskap en ’n ‘koeler-boks’ uit die kattebak gevat en ook geld gevra.

Hulle het beide die egpaar se beursies gevat met R300 kontant en alle bankkaarte en identiteitsdokumente. Jan was slim genoeg om hul selfone te versteek wat hul toe, na die verdagtes gevlug het, gebruik het om een van hul kinders te kontak om te help.

Byna twee weke na die voorval, herstel die egpaar stadig. Die bejaarde man se arm is gebreek tydens die voorval, sy kop dra die merke en steke waar die stene en stok hom oopgekloof het en sy been staan dik van die ysterpenne wat die erg beseerde voet en been spalk.

“Dit gaan nou broekskeur, met meeste van ons kinders wat ver bly, maar help waar hul kan,” het Hermien gesê en sê dat die koste van die skade aan hul voertuig en die mediese onkoste hul aan die sak geruk het en dat hul sal hulp nodig hê om weer op die been te kom.

Die polisie ondersoek die saak, maar geen verdagtes is naby die veld opgespoor nie.

Witbank Se Hulp Krete Dis omdat die verdomde Munisipaliteit nie die bome en grasse wil afsny nie!! Miskien moet ons as gemeenskap saam staan en dit self doen! Dis hier by ons, 4 huise van my huis af!

No comments:

Post a Comment