Saturday 24 May 2014

Hendrik Jacob du Plessis

This is the third attack on students on the university town of Stellenbosch this year.

Another student attacked. A 21-year-old student at the University of Stellenbosch (U.S.)'s friend, Andrew Briggs reported on Twitter thathis friend was attacked.

The name of the victim was not disclosed.

Lieutenant Colonel. Andrè Traut, a provincial police spokesman, confirmed the incident.

"The 21-year-old was robbed of his bike at about 01:00 in Schoongezightstraat in Stellenbosch. Two men loaded the bike on on a Nissan bakkie (LDV) and fled. "
http://www.dieburger.com/nuus/2014-05-24-matie-aangeval-en-van-sy-motorfiets-beroof

Bejaarde egpaar dood geskiet


Bejaarde egpaar dood geskiet

Sandra (80) en Louis Swanepoel (82)
Sandra (80) en Louis Swanepoel (82)
PRETORIA – ‘n Bejaarde egpaar is vanmiddag dood in ‘n skietery in hul huis op ‘n kleinhoewe by Mooiplaats, oos van Pretoria. Die egpaar se seun het op die bebloede lyke van Louis Swanepoel (82) en sy vrou Sandra (80) afgekom.
Die besonderhede van die voorval is vaag, maar die polisie het bevestig Johan Swanepoel het omstreeks 12:30 die gru-ontdekking gemaak. Swanepoel snr. is klaarblyklik in die slaapkamer dood en mev. Swanepoel se lyk is in die gang by die agterdeur gevind. Swanepoel jnr. het by sy ouers gebly maar het vanoggend vroeg die huis verlaat.
Volgens Kaptein Marissa van der Merwe, Boschkop polisiewoordvoerder, is die omstandighede rondom die voorval in dié stadium van die ondersoek vreemd. Daar moet nog bepaal word of enigiets uit die huis vermis word. Van der Merwe het besvestig Swanepoel snr. is weens ‘n skietwond dood maar kon nie sê of mev. Swanepoel ook geskiet is nie.
‘n Bedroefde Swanepoel jnr. was laatmiddag nog te geskok om met die media oor die voorval te praat. Hy het gesê daar was ‘n hegte verhouding tussen hom en sy ouers. Die egpaar se huis is skaars ‘n kilometer vanaf die Boschkop polisiestasie geleë. Hulle het die afgelope 33 jaar in die huis gewoon.
Bennie Malan, ‘n polisiereservis, het gesê Swanepoel snr. was ’n merkwaardige man. “Op 80 het hy sy motor nog self sy motor onderhou en hy was altyd bereid om ander met herstelwerk te help.” Mev. Swanepoel was ‘n afgetrede onderwyseres. “Sy was baie geliefd en het ons kinders opgepas as ons met reserviswerk besig was,’’ het hy gesê.
Van der Merwe was vol lof vir die buurtwag en sekuriteitsmaatskapy wat in die ongewing aktief is. “Was dit nie vir hulle nie was ons verlore. Die skielike eskalasie van misdaad in die omgewing is ongewoon.” Dit is die tweede voorval hierdie week waarin bejaardes van die omgewing op ‘n geweldadige wyse dood is.
Charles Groenewald is Maandag tydens ‘n rooftog in sy huis doodgeskiet. Hy het homself probeer verdedig en een van sy aanvallers, na bewering ‘n polisiereservis van KwaNdebele, doodgeskiet.- Rekord East

Plaasaanvalle: Nog ‘n Aanval


Plaasaanvalle: Nog ‘n Aanval

Stellenbosch 640 x 480STELLENBOSCH. – “Hardloop! Hulle gaan jou doodmaak!” het haar pa vir haar gegil toe sy half deur die slaap by haar ouers se slaapkamer ingestrompel kom en hulle vasgebind op die grond aantref.
Caitlin Burton (20) en haar gesin is Dinsdagoggend vroeg op hul plaas Cottage Stream in die omgewing van Sir Lowryspas deur vier mans in klapmusse beroof.
Die Burger het al voorheen berig oor die sogenaamde klapmusbende wat sedert verlede jaar by Stellenbosch, Franschhoek en buite die Paarl verskeie plase en huise beroof. Dit is egter nog nie seker of Dinsdag se rowers met die klapmusbende verbind kan word nie.
Die aanval het omstreeks 03:15 plaasgevind. Die rowers het ’n deur in Burton se ouers, Mark en Sandy, se kamer oopgebreek. “Hulle het my ouers wakker gemaak en messe in hul gesigte gedruk. Hulle moes op die grond lê en hul hande is met veters vasgebind.
“Die rowers wou geld hê, maar my ma het net R50 gehad. Sy het die kluis se sleutel aan hulle gegee en hulle het die juweliersware gevat.” Burton, haar kêrel, Jason Hoffman, en Burton se broer, Michael, het in ander kamers in die huis geslaap.
Sy het vroeër die gesin se boerboel gehoor blaf en opgestaan om ondersoek in te stel. “Ek het my pa hoor praat en gedink iets is fout met my ma. “Ek het die kamerdeur oopgemaak en kon nie veel in die donker sien nie. ’n Man het skielik voor my verskyn. My pa het op my geskreeu om weg te hardloop. Ek het na my kamer toe gehardloop en die deur probeer toedruk, waarna een van die rowers dit weer oopgedruk en my teen die muur vasgedruk het.
“My kêrel het die man van my afgekry en ek het na die agterdeur gehardloop.” Volgens Burton het Michael regdeur die hele voorval geslaap. Sy en Hoffman het by die bure gaan hulp soek, maar die rowers het met hul terugkoms reeds gevlug.
Benewens die juweliersware het hul ook met tablette, ’n skootrekenaar, ’n selfoon en selfoonlaaiers weggekom. Die hele gesin het sedert die voorval berading ontvang.
Volgens lt.kol Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, is niemand nog in hegtenis geneem nie. – Die Burger

Drie van Blanke Gesin Vermoor – Vier Swartes Aangekeer


Drie van Blanke Gesin Vermoor – Vier Swartes Aangekeer

Schutte Moord Richmond - 640 x 480RICHMOND, NATAL – Pas die dag nadat die oudste seun in die gesin aangebied het om vir die jarelange vertroueling-arbeider se verdere studies te betaal, word die res van die huisgesin deur dieselfde swarte en sy bende barbare, wreed vermoor.
“Hoe kan jy die mense vermoor wat jy jarelank voor werk en jou vertrou? het Stefan Schutte in die Natalse Hooggeregshof gesê. “Dit is ‘n malligheid. Mens kan dit nie beskryf nie!” het Schutte gesê.
Een van die vier jong swart mans wat as verdagtes in die wrede moord op drie lede van die Schutte-gesin het vermoedelik vir die Schuttes op hul plaas gewerk. Een van die seuns van die gesin – Stefan Schutte wat ‘n sakeman in Pietermaritzburg is, het gesê dat hy met ‘n skok besef, nadat hy op die verminkte liggaam van sy pa, Ekard Schutte (77), van sy ma Elizabeth (66), en van sy broer Lutz (33) afgekom het, dat een van die vier swartes wat ge-arresteer is dieselfde oggend nog in sy tuin gewerk het.
Stefan het die verminkte lyke van sy ouers en broer ontdek met sy aankoms Sondag-oggend vir die herdenking van hulle pa se 77ste verjaardag. Na ‘n gesamentlike soek-operasie deur die SAPD, die misdaad-intelligensie-eenheid, die K9-eenheid, die Valke en dieMagma Sekerheidsdienste, is die vier swartes Maandagoggend 3 Mei vasgetrek en ge-arresteer. Die vier swartes wissel tussen 19 en 20 jaar in ouderdom.
Die SAPD het beslag gelê op eiendom wat aan die Schuttes behoort wat hul vuurwapens insluit (9mm pistool en twee gewere met ammunisie), luidsprekers en “boom-boxes” waarmee die mans in hul besit betrap is. Die voertuig waarmee die swartes op vlug geslaan het was ook opgespoor – verlate en uitgebrand.
Kort voor Ekard Schutte vermoor is, is hy deur drie swartmans genader met die voorwendsel dat hulle hout wil koop. Toe die vier mans by die plaas aangekom het, het hulle Ekard met messe doodgesteek. Daarna is hulle die woonhuis in, ‘n ete voorberei en genuttig, die items wat hul wou steel bymekaar gesit en in kartondose gepak. Intussen was Lutz en sy ma op pad terug van die lughawe af plaas toe nadat Lutz vanaf Kaapstad terug gevlieg het na ‘n besoek aan Duitsland, en op pad terug, ook by vriende en familie in Kaapstad gekuier het.
Stefan het gesê dat sy ma en Lutz op die swartes ingestap het waar hulle in die kombuis besig was om te eet. “Ons is sterk daarvan oortuig dat ma en seun verwoed teruggeveg het voor hul as gevolg van hul beserings beswyk het,” het ‘n ingeligde bron na aan die gesin gesê.
Die moordenaars het gepoog om alle bewyse te vernietig deur die moordtoneel aan die brand te steek. Hulle het brandstof in die huis uitgegooi asook oor die ma en seun en daarna die plek aan die brand gesteek. Hulle het daarna met Elizabeth se kar gevlug. ‘n Segspersoon, karen Lowe het aan nuusmedia gesê dat die familie “erg getraumatiseerd is.”
Die vier verdagtes het die afgelope week in die hof verskyn op verskeie aanklagte.
One of the four young black male suspects in the cruel triple-murder of three members of the Schutte family actually used to work on their farm in KZN. One of the surviving sons, Stefan Schutte – a businessman in Pietermaritzburg — said he realized with a shock after he discovered the mutilated bodies of his dad Ekard Schutte 77, his mom Elizabeth 66, and his 33-year-old brother Lutz, that one of the four arrested men had actually ‘still been working in his garden’ that morning.
Stefan discovered the mutilated bodies of his brother and parents when he arrived as planned on Sunday-morning for his father’s 77th birthday celebration.
On Monday-morning March 3 2014 the SAPS arrested four black males, aged 19 and 20, during a joint search operation by the Richmond police, their crime-intelligence unit, the K9-unit, the Falcons and the Magma Security and Investigations company.
SAPS confiscated items belonging to the Schutte couple including their firearms, (a 9mm pistol and two rifles with ammo), loud-speakers and boom-boxes with the men. The vehicle in which the four men had fled, was found abandoned and torched.
Shortly before dad Ekard Schutte was murdered, three men who had previously worked for him, approached the German farmer under the pretence that they wanted to buy wood. When the four men arrived at the farm they stabbed Ekard to death. Then the men went inside the homestead, made themselves a meal, and took the items they wanted to, packing the loot into boxes.
At that stage, mother Elizabeth and son Lutz were enroute from the airport to the Richmond smallholding. Lutz had arrived from Germany earlier in the week and had first visited with friends and family in Cape Town.
Stefan said that his mother and Lutz had walked in on the killers, who were sitting in the kitchen eating a leasurely meal.
“We have strong suspicions,’ said ‘a well-informed source’, ‘that the mother and son fought back fiercely before they died of their injuries.’ The killers tried to clean the crime scene by torching it; they poured petrol inside the homestead and across the murdered mother and son and set them alight.’ Then they fled in Elizabeth’s vehicle. Spokeswoman Karen Lowe told the news media that the family ‘is badly traumatized’.
The four suspects are expected to appear in the Richmond magistrate’s court later this week.
- Censorbugbear

Vrou Wat Verkragting Rapporteer Aangeval – SAPD-Man Aangehou

Vrou Wat Verkragting Rapporteer Aangeval – SAPD-Man Aangehou

SA Polisie Logo 640x480DURBAN – ‘n Polisieman het verlede Woensdag in die Umbumbulu Magistraatshof verskyn op aanklag daarvan dat hy ‘n vrou wat die verkragting van haar dogter wou aanmeld, aangerand het. Aldus die verklaring van ‘n Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD).
“Die saak is tot 23 Mei uitgestel om geleentheid te bied vir ‘n aansoek om borgtog,” het ‘n segsman, Moses Dlamini gesê. Die 45-jarige sersant is glo Woensdag in hegtenis geneem na aanklagte dat hy ‘n vrou wat ‘n klag wou indien teen die verkragting van haar dogter, sou aangerand het.
Die ondersoek is geloods nadat die Daily Sun koerant berigte gepubliseer het van ‘n vrou wat aangerand is toe sy ‘n aanklag wou indien teen die verkrtagting van haar dogter, en sy fotos geneem het omdat die polisiebeampte haar nie wou help nie. Dlamini het aangevoer dat “Die sersant het haar aangerand, en haar kop teen die toonbank gekap, ten aanskoue van die publiek.”
Klaarblyklik het daar vroeër in Desember ook ‘n aanranding plaasgevind toe hy moes omsien na ‘n klagte van huis-moles. “Die polisie het ‘n man beveel om ‘n interim-bevel te teken nadat hy deur die sersant aangerand is.” – Sapa
Red – Umbumbulu is ‘n Swart woonbuurt suid van Durban.