Monday 6 January 2014

Boerevolkstaat

 En ons groet 2014! - Piet Rudolph 

 http://www.volkstaat.org/

Mag die nuwejaar wat ons van die horison toewink na ’n nuwe toekoms, ons verwagtinge ryklik vermenigvuldig. En as dit Sy wil is. Mag net die mooiste en edelste u deel wees.

Die jaar 2013 was vol opwinding..... maar ook terugslae en diepe teleurstellings.
Vir ons Boere, die ernstige terugslag van burgers wat tronktoe gestuur is op politieke klagtes wat onder ander omstandighede van hulle helde sou gemaak het. Die vyandige wêreld sal graag van hulle politieke uitvaagsels wil maak, maar ons opregte Boere salueer hulle wat die stelsel wou ontbloot vir wat dit is.. ’n neerdrukkende, diskriminerende magsmisbruik van onbevoegde indiwidue wat besig is om ’n land oor die afgrond te stuur.
Ongelukkig is daar nog nie genoeg stemme wat hierteen beswaar kan maak nie. Daarom salueer ons hulle wat bereid is om te sê tot hiertoe en nie verder nie. Dit sal ongelukkig opofferinge verg wat nie almal bereid is om te maak nie.
Hierdie jaar sal ook die herdenking wees van die bloedige opstand in 1914, tydens die rebellie en die onnodige verkwisting van Boerebloed. Ons roep in herinnering die dood van onder andere genls. De la Rey, Beyers, kommandant Jopie Fourie, voor ‘ vuurpeleton en talle ander wat as verraaiers in die tronk gestop is. Sal ons dit ooit vergeet?

Jopie Fourie
Vir die Boerevolk lê daar harde werk voor. Mag hierdie jaar wat voorlê, die verwesenliking sien van ons ideal van die herstel van ons Vryheid binne die Boere-Republieke. Laat ons dus met nuwe vuur en groter entoesiasme die mou oprol, in die vaste wete : Ons kan!

Abel Malan se Nuwe Photo 2014

Abel Malan se Nuwe Photo 2014

https://www.facebook.com/abel.malan


Die lied van Jong Suid-Afrika

1. En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van 'n volk se ontwakin,
Wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die noorde,
Rys dawerend luid ide akkoorde:
Dit is die lied van Jong Sui-Afrika.

2. Die klop vna ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het klowe en kranse gehoor.
Die diere het, stil staan en luister,
Die bome het bewend gefluister:
Dit is die koms van Jong Suid-Afrika.

3. Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kerjakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die land van Jong Suid-Afrika.

4. Die golwende veld is ons woning,
En ons ak is die hemelblou;
Die vrijheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en Bou"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het,
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika.


saam staan as een boere volk boere groete






Antonie Horn se Nuus Blad

 
 
Vier polisiebeamptes vas ná man sterf
SAPDVier polisiebeamptes van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat ʼn man wat hulle vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem het oorlede is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die oorledene is op 25 Desember deur die polisiebeamptes in hegtenis geneem. “Die beamptes beweer dat die man sy arrestasie teengesit het maar dat hulle uiteindelik daarin kon slaag om hom in hegtenis te neem en agter in ʼn vangwa te laai.” Dlamini sê die beamptes het die man na ʼn polisiestasie vervoer om papierwerk te voltooi waarna hulle hom later na ʼn plaaslike geneesheer gevat het om bloed te trek. “Die beamptes beweer dat terwyl hulle die man na die dokter vervoer het hy die deur van die vangwa geskop het en homself beseer het. Hulle beweer verder dat die man uit die vangwa gespring het en verdere beserings opgedoen het met hul terugkeer na die polisiestasie.” Dlamini sê paramedici is na die polisiestasie ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. Hy het verskeie beserings opgedoen. Die vier konstabels sal na verwagting Maandag in die Ekangala-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
 
 
 
 
Jeugloonsubsidie – Cosatu wil hof toe
Cosatu dreig nou om die hof te nader oor die omstrede Wet wat bekend staan as die Jeugloonsubsidie wat op 1 Januarie vanjaar inwerking getree het.

Patrick Craven, ’n Cosatu woordvoerder, sê hulle is besig om regsadvies te bekom oor die Wet op Belastingaansporings.

Die Wet het glo ten doel om werkgewers ’n belastingkorting te gee wanneer hulle jongmense in die ouderdomsgroep 18 tot 29 jaar in diens geneem word.

“Ons is algeheel gekant teen die wet, want dit gaan ouer mense, met jare lange ervaring, uit die werksomgewing druk,” het Craven gesê.

Cosatu is ook “woedend” oor die wyse waarop die wet op die wetboek gekom het sonder om die werkerskorps en vakbonde te ken in die saak.

Minister Pravin Gordhan, het blykbaar reeds twee jaar gelede R5 miljard bewillig vir die projek wat deur die regering beplan is. Cosatu se teenkanting en optrede het daartoe gelei dat die Wet nou eers deurgevoer kon word.
 
 
 
NWes-premier spandeer R1,3 m op motor
Thandi Modise, premier van Noordwes, het R1,3 miljoen op ʼn nuwe motor spandeer ondanks die feit dat die kabinet vroeër buitensporige besteding op luukse voertuie verbied het, berig die Sunday Times.

Raymond Elisha, LUR vir vervoer in Noordwes, het bevestig dat die premier ʼn nuwe BMW 750i gekoop het. Elisha het aan die koerant gesê dat die premier geen wette oortree het met die aankoop van die motor nie. “Die motor is in ooreenstemming met die ministeriële handboek gekoop waarvolgens ʼn motor ter waarde van 70% van die haar salaris gekoop kan word.” Pravin Gordhan, minister van finansies, het in Oktober vanjaar opdrag gegee dat ministers, LUR’s en premiers voertuigaankope moet beperk. Elisha sê die premier se besluit om ʼn nuwe motor te koop is geneem voor Gordhan die besparingmaatreëls aangekondig het. “Al wat ek weet is dat ek ʼn motor gebruik het wat permanent herstel moes word en uiteindelik is daar vir my gesê ons koop ʼn nuwe motor,” het Modise gesê.
 
 
Sanral eis betaling van dooie mense
Motoriste is uiters gebelgd oor die wyse waarop Sanral die e-tol rekeninge hanteer.

Outa het intussen ook talle ontevredenes opgespoor wat beweer dat hulle SMS’e ontvang waarin hulle versoek word om e-tol skywe te koop en te registreer.

Talle motoriste beweer ook dat fakture wat uitgereik word nie aan die basiese vereistes van ’n faktuur voldoen nie.

Een motoris beweer dat hy deur die oproep sentrum verwittig is dat hy slegs sy rekening kan betaal as hy by ’n Sanral kantoor aandoen. Die motoris gaan toe na ’n Sanral kantoor, waar hy 20 minute moes wag om R28 te betaal.

Op versoek dat ’n faktuur benodig word om seker te maak die korrekte bedrag word betaal, het ’n vriendelike klerk gesê die sisteem beskik oor uiters min inligting, en uitgedrukte fakture is nie moontlik nie, behalwe as die bedrag betaal word, waarna ’n gedrukte faktuur gelewer word.

Die skrif op die faktuur is egter so klein dat ’n vergrootglas nodig is om te lees wat daarop geskryf is.
Intussen het Die Vryburger verneem dat Sanral selfs e-tol rekeninge uitstuur aan mense wat oorlede is. Mnr. Louis Scott van Honeydew sê Sanral het sy pa, Charlie, wat in Oktober 2012 oorlede is, op 30 Desember 2013 per SMS laat weet dat hy R612-00 moet opdok.

Mnr. Derick Lubbe van Pretoria sê hy is per SMS laat weet hy skuld R869 nadat hy van 3 tot 7 Desember tussen Pretoria en Bruma deur die e-tolhekke gery het.

Adri Fourie, sê sy is per e-pos laat weet sy skuld R204. Sy het by Sanral gaan vasstel hoe hulle aan die bedrag kom. Dit is vasgestel dat ’n Nissan X-trail dieselfde nommer het as haar VW Golf.

Sy het Sanral laat weet sy het nie die pad gebruik nie, waarop hulle laat weet het dat sy moet bewys lewer dat sy dit nie gebruik het nie - en sy weier om dit te doen, want hoe moet sy dit bewys.

Elize Saunders, woon en werk in Randfontein, en het nog nie die tolpad gebruik nie, maar is verwittig sy skuld R850-00.

Cindy Poluta, sê sy is per SMS in kennis gestel sy skuld R3,520 vir die drie keer wat sy op die pad gery het.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het gesê die stelsel raak vinniger ’n klug as wat verwag is.

“Ons het voorspel die stelsel gaan ondoeltreffend en nie haalbaar wees nie. Die stelsel is die grootste ter wêreld en net te tegnies.

Volgens Duvenage moet motoriste nie toelaat dat hulle op grond van die dreig-SMS’e die skrik op die lyf gejaag word nie.

“Watter instelling stuur ’n SMS aan ’n kliënt vir betaling?

Motoriste wat per SMS aanmanings kry oor agterstallige e-tol gelde kan op drie maniere handel, deur die gevraagde bedrag te vereffen, of navraag doen en die verwysingsnommer bewaar, of ’n dispuut verklaar.

Motoriste word vermaan om nie die “aanmanings” te ignoreer nie, want dit kan teen jou gebruik word in ’n geding.
 
 
 
Donker toekoms met kosproduksie
As die tendense voortduur soos wat in 2013 die geval was, staar Suid-Afrika hongersnood in die gesig.

Dit is die mening van ’n woordvoerder van Oranje Sake Instituut na aanleiding van talle aspekte wat daarop dui dat te veel mense hulle werk verloor het in die afgelope jaar.

Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling sê sowat 100,000 mense het reeds hulle werk verloor.

Die Owerheid se onvriendelike optrede teenoor mense in die visbedryf is die jongste voorbeeld van hoe die land agteruit boer, en werkloosheid toeneem, het die woordvoerder gesê.

“Dit lei tot groter krisisse en gesinne kan nie meer kos op die tafel kry nie”, sê Lumka Oliphant, van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

Die stakings, wat met geweld gepaard gegaan het in die landbousektor, het daartoe gelei dat baie boere besig is om stelselmatig oor te skakel na meganisasie, wat noodwendig tot groter werkloosheid lei.

Die toetrede van ’n halfmiljoen matrikulante tot die arbeidsmark, is ’n ewe kommerwekkende aspek, aangesien die ekonomie nie gunstig vertoon om indiensneming te bevorder nie.

Die nie-amptelike koers vir werkloosheid staan tans, volgens die Statistiekdiens op meer as 37%. De syfer gaan waarskynlik verhoog met die toetrede van die matrikulante wat nou as werkloses beskou sal word.

Alhoewel dit reeds bewys is dat die landbouers van Suid-Afrika oor die vermoë beskik om die voedselproduksie te verdubbel, is die huidige landswette die remskoen.

Intussen is aangekondig dat Suid-Afrika miljoene ton graan aan Zimbabwe gaan verkoop, terwyl die binnelandse verbruik besig is om skerp te styg, te midde van ’n ernstige droogte wat daarop dui dat die produksie vir vanjaar minder sal wees as wat die binnelandse aanvraag en verbruik is.

Ingeligte waarnemers vra egter hoe die Zimbabwe regering vir die aankope van graan gaan betaal, in ag genome dat dit die derde armste land in die wereld is.

Te midde van alles, het die regering se sogenaamde “voedselhulp-programme” vir 2013 drasties toegeneem, en is kos vir meer as R400miljoen uitgedeel, wat meer as dubbel die hoeveelheid is as in jare wat nie ’n algemene verkiesing voorafgaan nie.