En ons groet 2014! - Piet Rudolph
http://www.volkstaat.org/
Mag die nuwejaar wat ons van die horison
toewink na ’n nuwe toekoms, ons verwagtinge ryklik vermenigvuldig. En
as dit Sy wil is. Mag net die mooiste en edelste u deel wees.
Die jaar 2013 was vol opwinding..... maar ook terugslae en diepe teleurstellings.
Vir ons Boere, die ernstige terugslag van burgers wat tronktoe gestuur is op politieke klagtes wat onder ander omstandighede van hulle helde sou gemaak het. Die vyandige wêreld sal graag van hulle politieke uitvaagsels wil maak, maar ons opregte Boere salueer hulle wat die stelsel wou ontbloot vir wat dit is.. ’n neerdrukkende, diskriminerende magsmisbruik van onbevoegde indiwidue wat besig is om ’n land oor die afgrond te stuur.
Ongelukkig is daar nog nie genoeg stemme wat hierteen beswaar kan maak nie. Daarom salueer ons hulle wat bereid is om te sê tot hiertoe en nie verder nie. Dit sal ongelukkig opofferinge verg wat nie almal bereid is om te maak nie.
Hierdie jaar sal ook die herdenking wees van die bloedige opstand in 1914, tydens die rebellie en die onnodige verkwisting van Boerebloed. Ons roep in herinnering die dood van onder andere genls. De la Rey, Beyers, kommandant Jopie Fourie, voor ‘ vuurpeleton en talle ander wat as verraaiers in die tronk gestop is. Sal ons dit ooit vergeet?

No comments:
Post a Comment