Saturday 11 January 2014

Wouter Breed

ONS TAAL,ONS ERFENIS....
Onthou ons kinders nog die waarde,
Van die oorsprong van ons taal?
Toe ons vaders hier aangeland het -
Die land was rou en kaal.
Hul soeke na hul eie voer hul mee;
Met gedigte is die taal gebore.
...Die osse stap aan deur die stowwe,
Geduldig, gedienstig, gedwee...

Onthou ons kinders nog die oorsprong,
Van ‘n diep gebore taal?
Toe ons moeders hier getrou het-
Met boere in die saal.
Met moed het ‘n nuwe taal ontstaan;
In klanke in woorde vasgepen.
...Daar het ‘n doring boompie,
Vlak by die pad gestaan...

Onthou ons kinders nog die eenheid,
Van ‘n boer sy volk en taal?
Toe gesinne saam beklei het –
Met beeste in ‘n kraal.
Afrikaanse woorde saam gebind;
‘n Volk se taal ontstaan uit nood.
...Onthou deur die riete in die maanskyn:
Tula - Tula - stil, my kind...

Onthou ons kinders van die passie,
Van ‘n volk sonder ‘n taal?
Hoe ons voorvaders hier geveg het –
‘n Boerevolk van staal.
Wat met deernis ‘n Afrikanerland vra;
Met woorde kon hul uiteindelik se.
...Ons sal lewe ons sal sterwe
Ons vir jou Siud-Afrika...

No comments:

Post a Comment