Saturday 11 January 2014

Jaco Botha

 
 
Boervolk lees hierdie mooi!!!
DIE ONTWAKING
Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby.
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
Sy skoonheid was geskonde:
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

No comments:

Post a Comment