Saturday 11 January 2014

VERRAAIER


VERRAAIER

die oorlog was op sy felste
middel van die vryheid
se bloedige stryd
toe wapper die witvlag
by jou venster uit
ongeag ander se weeklag
het jy jou eie bloed verkrag
lafaard, dit is jou besluit
maar los ons vegters uit

nou praat jy die vyand se taal
hulle wat ons land se rykdom
wil delf, ons skatte kom haal
ossewa spore diep getrap, wyd geloop
vir die land van vryheid en van hoop
teen ‘n oormag
van spies en assegaai
het voorlaaier en geloof
se krag
vernedering in oorwinning omgedraai

nou moet ons weer
soos ‘n vorige keer
ons land van vryheid en van hoop
met boerebloed koop
maar eenheid word verskeur en omgeswaai
want bloed het bloed veraai

en daardie bittere dag
toe die kakies triomfantlik lag
en bittereinders staan in rye en wag
maak aalmoesbeker met gewonde hand
flentermense uit ‘n verskroeide land
ry jy bloedverraaier
rond met ‘n nuwe spaaider

maar voor die regsbank sal jy staan
magteloos as die Hand
oor almal gaan
en uitkeer wie gaan juig, wie gaan brand
jy, wat die witvlag hou
help dit jou nou

No comments:

Post a Comment