Sunday 12 January 2014

Sunette Bridges


Hierdie is my reaksie op 'n plasing waar daar gevra word dat meer van die mense op my groep moet hulp verleen aan mense wat swaar kry en meer betrokke moet raak eerder as om net te sit en debatteer... Die boodskap kom uit my hart en daarin is ook sommer 'n vraag opgesluit oor die duisende ander groepies waarin ons mense verdeel is en wat dit is wat hulle nou eintlik doen...

Ek dink, van al die groepe op FB, is die mense op my groep seker van die mees betrokke lede wat daar is. Uit hierdie klein groepie mense het ons bykans R160 000 ingesamel in 2013 en verskeie mense gehelp. Ons, as 'n groep, het meer as R20 000 ingesamel en aangewend om die gesinne van die Boeremag te help in minder as 2 maande... Dit is veel meer as enige ander groep - insluitende die groep wat spesiaal gestig is vir die Boeremag.

Ongelukkig, juis oor die handjie vol mense reeds so baie doen, word daar altyd na ons gekyk wanneer daar hulp - en veral geld - benodig word. Ons kan net soveel doen... en ek is besonder trots op die groep mense met wie ek my hier assosieer, juis omdat hulle nie net praters is nie, maar doeners wat gereeld meer as hulle deel bydra.

Tussen my vorige pogings om die manne te help en die huidige fonds wat die BVL vir hulle bedryf, het ons al meer as R30 000 bygedra tot hulle en hul gesinne se welstand. Ek dink dis tyd dat ander "groepe" op FB wat net heeldag sit en klets en kerm, ook hul kant bring en nie net altyd in my, my mense en die BVL se rigting kyk vir hulp nie... Sx

No comments:

Post a Comment