Wednesday 1 January 2014

Piet Rudolph ONS NEEM AFSKEID 2013

ONS NEEM AFSKEID 2013
En ons groet 2014!
Mag die nuwejaar wat ons van die horison toewink na ’n nuwe toekoms, ons verwagtinge ryklik vermenigvuldig. En as dit Sy wil is. Mag net die mooiste en edelste u deel wees.

Die jaar 2013 was vol opwinding..... maar ook terugslae en diepe teleurstellings.
Vir ons Boere, die ernstige terugslag van burgers wat tronktoe gestuur is op politieke klagtes wat onder ander omstandighede van hulle helde sou gemaak het. Die vyandige wêreld sal graag van hulle politieke uitvaagsels wil maak, maar ons opregte Boere salueer hulle wat die stelsel wou ontbloot vir wat dit is.. ’n neerdrukkende, diskriminerende magsmisbruik van onbevoegde indiwidue wat besig is om ’n land oor die afgrond te stuur.
Ongelukkig is daar nog nie genoeg stemme wat hierteen beswaar kan maak nie. Daarom salueer ons hulle wat bereid is om te sê tot hiertoe en nie verder nie. Dit sal ongelukkig opofferinge verg wat nie almal bereid is om te maak nie.
Hierdie jaar sal ook die herdenking wees van die bloedige opstand in 1914, tydens die rebellie en die onnodige verkwisting van Boerebloed. Ons roep in herinnering die dood van onder andere genls. De la Rey, Beyers,kommandant Jopie Fourie, voor ‘ vuurpeleton en talle ander wat as verraaiers in die tronk gestop is. Sal ons dit ooit vergeet?

Vir die Boerevolk lê daar harde werk voor. Mag hierdie jaar wat voorlê, die verwesenliking sien van ons ideal van die herstel van ons Vryheid binne die Boere-Republieke. Laat ons dus met nuwe vuur en groter entoesiasme die mou oprol, in die vaste wete : Ons kan!

Opgestel deur Piet Rudolph vir die Boere-Republikeine.

No comments:

Post a Comment