Wednesday 1 January 2014

NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE AVP LEIER

NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE AVP LEIER.

alt
Vir die Afrikanervolk was daar politiekgewys in Suid Afrika weinig waaroor ons opgewonde kon raak in 2013. Die jaar het afgespring met berigte wat bevestig: Vyf biljoen rand geblaas op partytjies deur die swart deurbringers, terwyl die land se infrastruktuur in duie stort.

Tussen 34 staatsdepartemente is daar R194 miljoen spandeer op onthaal, R31,7 miljoen op vermaak en R4.4 biljoen op reis en verblyf. In hierdie proses van vertoon van onverantwoordelike tyd-en-geldbesteding aan die wêreldse genot, in teenstelling met die mees basiese wat van ʼn regering vereis word om finansieel te kan slaag en veral in beproewende ekonomiese omstandighede te bly voortbestaan. Dit was ook die bewys aan die einde van 2012 van die swart ras se samestelling waarvan Afrika as aanskouingsles reeds vir eeue as waarskuwing vir die Blankedom dien. ‘n Aanskouingsles waaraan de Klerk en syne geweier het om hulle te steur en liewer voorkeur verleen het aan hulle internasionale besoldigers, sodat ook 2013 en elke jaar hierna wat Suid Afrika se bestuur in hulle hande bly, progressief agteruit sal gaan.
Wat wel positief was, is dat telkens wanneer die verraaiers praat of skryf om hulle optrede sedert 1994 te probeer regverdig, kom daar inligting na vore van die brutale en onbeskaamde wyse waarop daar met bedrog mense se goedertrou gewerf is om die teenoorgestelde te bereik van wat voorgegee is. Geleidelik word ‘n legkaart gebou wat die onderskeid tussen waarheid en leuen in perspektief plaas, soos wat ook die geval met die “Boeremagsaak” aan die lig gekom het.
Wat veral negatief was van 2013, is die verspilde tyd wat verlore gaan vanweë Afrikaners wat steeds agter verwagtings aanloop wat geskep word deur saampraters, onderhandelaars, vakbonde, geheime organisasies, kultuur en kerkliggame wat voorgee om in Afrikanerbelang op te tree, terwyl daar soos in die verlede slegs tyd gekoop word vir ons vyande om hulle doel met ons te bereik.
Ten spyte daarvan dat die skynbaar onmagtige posisie van die Afrikanervolk in 2013 nie verbeter het nie, is daar egter tog twee sake wat aandag verdien. Die eerste is die feit dat daar feitlik wêreldwyd geluide begin opgaan oor die negatiewe invloed wat groot getalle volksvreemdes op plaaslike bevolkings begin het. Die wêreldswye oor die onwettige afdwing daarvan in Suid Afrika, behoort vir ons die aanduiding te wees dat ons nie op hulp uit daardie geledere moet staatmaak nie.
Die tweede saak is die afsterf en uiteindelike begrafnis van Mandela. Die handeling om sy dood en begrafnis vir maandelank uit te rek, het bepaald die aggressie van die Swart heethoofde laat uitrafel en sodoende die “nag van die lang messe” grootliks in die doofpot gestop. Wat die oogmerk daarmee ookal was, vir die Afrikanervolk het dit ‘n positiewe effek in die sin dat dit ook vir ons tyd koop om beter voor te berei, veral geestelik, vir die tyd wat voorlê.
VIR 2014
Oor die algemeen was Geloftefeeste baie goed bygewoon en bevestig dit die Afrikaner se behoefte om terug te keer na God. 2014 sal groter finansiële en sosio-ekonomiese eise aan ons stel en dus groter selfbeheersing, paraatheid, arbeidsaamheid en beplanning verg. Bowenal sal ons samehorigheid en bereidheid tot samewerking, tot die uiterste beproef word. Ons sal bymekaar gedwing word, of ons bymekaar wil wees of nie! Reik uit na u naaste wat minder het, dien die HERE en vertrou op Hom vir al u behoeftes. Laat ons innerlike oortuiging op mekaar afgestem wees en verset teen alle onreg, ons gesamentlike oogmerk. Want hierdie land is ons land! Ons skuld hom aan niemand, veral nie aan die Swart rasse van Afrika nie. In teendeel is alles wat hulle het en is, aan die Afrikaner te danke.
Ons doel is politieke vryheid. Dit is egter slegs bereikbaar deur eers die Koninkryk van God te soek, want eers dan sal Hy wat vir ons nodig is, vir ons byvoeg. Daar is baie “slim” politieke leiers. Ons is egter deur God in Afrika geplaas en dit is Hy wat ons hier sal uithaal indien ons voortgaan om te leef asof Hy nie bestaan nie. DEUTERONÓMIUM 27:9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.
JOSUA 10:12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ájalon!
JOSUA 10:13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag.
Dít is die God wat ons dien en wat ons voorgeslagte op Sy hande in Afrika ingedra, beskerm en bewaar het omdat hulle Hom gedien en op Hom vertrou het!
Vir 2014 bid ek dat u en u huis die Here sal dien. Dat God die Vader u sal seën as Sy kind. Dat Hy aan u Sy genade sal gee. Dat Hy aan u Sy vrede sal laat toekom, in die wonderlike Naam van Jesus Christus, Amen.

No comments:

Post a Comment