Tuesday 28 January 2014

Billy Snr Brown

DANKIE SUNETTE.
'n Waarskuwing van my aan ons mense... Hierdie verskyn vandag in die koerant:

"Die Vrystaatse hooggeregshof hoor vandag besonderhede aan van hoe 'n groep verregses beplan het om ANC-leiers tydens die party se Mangaung-konferensie in 2012 te vermoor, en gestreef het na selfregering van die boerenasie in Suid-Afrika.

'n Geheime agent is vandag in die getuiebank. Hy het onder meer die Geloftevolk Republikeine, waarvan André Visagie die leier was, geïnfiltreer om besonderhede te bekom oor die sogenaamde Slag van Mangaung. Dié besonderhede het hy sporadies aan die polisie bekendgemaak.

Hy het getuig dat hy en andere 'n eed van Visagie se verregse-groepering moes aflê om hul staatsgreep-doelwitte te ondersteun, waarvogens verraaiers en hul families uitgemoor sou word."

***********************************************************

MOENIE jou laat betrek by groepe en organisasies of selfs individue wat allerhande onwettige goed beplan nie! Jy KAN die mense nie vertrou nie! Bly weg van groepies wat allerhande komplotte smee en jou allerhande beloftes laat maak of "geheime" inligting met jou deel! Dit is NIE ons mense nie! Dis hulle werk om jou met jou bas in die tronk te laat beland!

In die afgelope 3 jaar het BAIE bekende "Volksmanne" hul bes probeer om my by die soort van goed te betrek en ek het hulle stil gemaak of weggejaag by my huis! Ek wil nie hul stories hoor nie, want as jy weet of geluister het daarna, is jy wetlik verplig om hulle te verkla. As jy weet van duister planne en stilbly, gaan jy OOK toegesluit word! ...so die beste is om nie eers te weet nie!

Hierdie regering het honderde miljoene rande in 'n fonds om 'n "kamma regse gevaar" te skep en hul agente is slim en listig! BLY WEG!!! Dit gaan jou lewe verwoes!

No comments:

Post a Comment