Tuesday 28 January 2014

28 January 2014 | Daleen Naude

Oumas se karre gesteel

Twee oumas wat na hul kleinkinders se atletiek gaan kyk het, se voertuie is Woensdag in Wilgestraat (langs Hoërskool Kanonop se sportvelde) gesteel.
28 January 2014 | Daleen Naude
 
Me. Susan Jardine en me. Sondra Schoeman was by die Interhuis atletiekbyeenkoms wat Laerskool Kanonkop op Hoërskool Kanonkop se sportvelde aangebied het.
Beide het op die sypaadjie aan die buitekant van die skool, waar hordes ander voertuie ook geparkeer was, gestop.
•"Ek het net gou skooltoe gegaan om te gaan kyk en was sowat 45 minute by die sportbyeenkoms.
Toe ek terugkom, was my kar weg!" het sy vies gesê. Dit is 'n maroen Toyota Camry (registrasienommer DKB074MP).,
•Me. Schoeman sê haar voertuig, 'n wit Honda Ballade (FKD158) het omstreeks 11:45 nog op sy plek gestaan toe sy saam met haar kinders opgestap het na hul voertuig.
Met haar terugkeer om 14:15, was dit skoonveld.
Sy is van mening dat die skole betroubare karwagte moet reël tydens sportbyeenkomste.
"Die mense sal nie omgee om vir hulle fooitjies te gee nie!"
•Polisiewoordvoerder kapt. Khanyisile Zwane sê dat kardiewe hulle die afgelope paar dae toespits op ouer model voertuie.
Die polisie doen 'n beroep op mense om hul sekuriteitstelsels in hul voertuie op te gradeer met byvoorbeeld ratslotte.

No comments:

Post a Comment