Tuesday 21 January 2014

Antonie Horn shared Boere Krisis Aksie (B.K.A.)'s photo.

(Gordon) As daar van ons lede daar is, gaan ondersteun die boere by die hof asb!

Minuut van stilte op Barkly-Oos

Plaasmoord: Huishulp betrokke?
Pieter Steyn

20 Januarie 2014

BARKLY-OOS. – Terwyl die gemeenskap hier nog steier onder die derde plaasmoord binne minder as drie maande, het die polisie ná uitstekende speurwerk twee mans in Hillbrow in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die moord op Sarel Pretorius (61) van die plaas Roodepoort in die distrik.

Die verdagtes is met onder meer twee 9mm-pistole in hul besit betrap.

Volksblad het intussen op goeie gesag verneem dat R2000 inbetaal is in die rekening van ’n huishulp van die plaas waar ’n bakkie en moordwapens vroeër die dag van Pretorius se moord gesteel is. Haar selfoonrekords het die polisie glo na die moordverdagtes gelei. Sy het glo jare gelede ’n verhouding met een van die verdagtes gehad.

Die vermeende moordenaars, onderskeidelik 27 en 32 jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem en verskyn vandag in die landdroshof op die dorp.

Hulle het glo die dag van die moord by Van Aardt Greyling van Ricksuhill, in die Dordrecht-distrik, se opstal ingebreek en die kluis oopgesny. Hulle is toe vort met wapens, elektroniese toerusting en een van Greyling se bakkies.

Hulle het die aand toegeslaan op Roodepoort en Pretorius, wat baie siek met kanker was, doodgeskiet.

Sy vrou, Annamarie (51), is met ’n mes gedwing om die kluis oop te sluit, maar het ongedeerd daarvan af gekom.

Boere se gemoedere het gister met tye hoog geloop op ’n vergadering op die dorp in ’n poging om ’n tak van die burgerregteorganisasie AfriForum te stig. Verteenwoordigers van dié organisasie se tak op die buurdorp, Elliot, het Barkly-Oos se gemeen-skap kom vertel van hul suk-sesse, onder meer deur same-werking met die taxi-vereniging op Elliot.

Boere het aangedui dat hulle vandag na die landdroshof op die dorp gaan opruk wanneer die verdagtes in die Pretorius-moordsaak verskyn.

• Pretorius word Donderdag om 10:00 uit die Gereformeerde kerk op die dorp begrawe.

No comments:

Post a Comment