Tuesday 21 January 2014

abel.malan


Majuba 630x80
Boere Krygers
Geagte Volksgenoot
Ons wil sommer nou reeds u herinner aan ʼn belangrike gebeurtenis, redelik vroeg in die nuwejaar. Dit is natuurlik die jaarlikse Majuba-herdenking, wat plaasvind gedurende die laaste naweek van Februarie, dus die naweek van 28 Februarie tot 2 Maart 2014.
Die Majuba Boerevolk Trust, wat die eienaars is van die plaas waarop die grootste deel van Majubaberg asook die feesterrein geleë is, volg al etlike jare die beleid om ʼn volksorganisasie te vra om die fees te reël en die program daarvoor aan te bied.
Ingevolge daardie beleid, is die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) gevra om die 2014-fees aan te bied en is dit dan ook TLU SA se voorreg om u aan die fees te herinner en daarheen uit te nooi.
Die jaarlikse Majuba-fees bied die geleentheid vir volksgenote om mekaar te ontmoet, rondom ʼn historiese herdenking wat ʼn besondere mylpaal in ons vryheidsgeskiedenis was. Majuba is die een plek waar ons volk vir ʼn hele naweek lank hulle verskille en geskille eenkant kan sit en saam die heldegebeurtenisse in ons geskiedenis kan gedenk, soos ons hemelse Vader dit vir ons bestem het.
Hoewel die program jaarliks nie veel afwyk van vorige jare nie, wil TLU SA, synde ʼn diensorganisasie te wees, dit gebruik om in die eerste plek ʼn groter betrokkenheid onder volksgenote te bewerkstellig. TLU SA wil graag fokus op die geskiedenis, hede en toekoms, waarin ons glo die landbouer ʼn uiters belangrike rol behoort te speel.
Daarom wil ons reeds op hierdie vroeë stadium u aandag vestig op die Majubanaweek van 28 Februarie tot 2 Maart 2014 en word u uitgenooi om die geleentheid by te woon, en wil u aanmoedig om soveel moontlik van ons volksgenote te betrek by hierdie geleentheid.
Daar word vanjaar ʼn paar nuwe aspekte by die reeds bekende en suksesvolle program gevoeg:
1. ʼn Potjiekoskompetisie word gereël vir Saterdag 1 Maart. Almal moet in elk geval kos maak; so ons kan dit net sowel kombineer met ʼn potjiekoskompetisie. Elke span maak sy pot by sy eie kampplek en word ook daar beoordeel deur ʼn span beoordelaars. Die inskrywingsgeld beloop R400 per span.
Die opbrengs word aangewend vir o.a. bemarking van die kompetisie en Majubafees, vir prysgeld wat beduidend kan wees afhangende die aantal inskrywings en ʼn verdeling tussen Magalies Maters Stapklub (wat dit aanbied) en die Majuba Boerevolktrust.
Vir meer besonderhede en inskrywings kan Roelie Scheepers gekontak word by 0825498229.
2. Skietkuns was deur die eeue ʼn integrale deel van ons volksgeskiedenis. Ons sou graag wou sien dat skyfskiet sy regmatige plek inneem in ons kultuuraktiwiteite. ʼn Skyfskietkompetisie gaan Saterdag aangebied word waar daar bepaal sal word wie die 2014 Majuba kampioen is in vier kategorieë naamlik:
a) Laerskool dogters
b) Laerskool seuns
c) Oop afdeling dames
d) Oop afdeling mans

Vir die voorskoolse kinders sal daar ook geleentheid wees om valplate te skiet. Persone kan deur die dag elkeen een beurt kry om hul staal te wys enige-tyd vanaf 09h00 – 17h00. Daar sal met windbukse geskiet word. Enige navrae kan gerig word aan Chris Hoogendyk by 082 806 7588.
3. Ten einde die administrasie by die hek te vergemaklik, word volksgenote versoek om reeds vooraf te bespreek en u kampgelde elektronies oor te betaal. Bring asseblief u bewys van betaling saam. ʼn Voorlopige program is reeds saamgestel.
Ons hoop om u te sien by Majuba 2014!
Vriendelike groete
BJ van Zyl HOOFBESTUURDER
Majubafees-640B

VOORLOPIGE PROGRAM VIR MAJUBAFEES 2014
Vrydag (28 Februarie 2014)
14:00 Inrig van kampplekke en kuier Hele terrein
14:00 Stalletjies open Stalletjies area langs saal
19:00 Opening en verwelkoming HS Van Blerk Saal
20:00 Fakkelloop Meld aan by stalletjies
22:00 Filmvertoning HS Van Blerk Saal

Saterdag (01 Maart 2014)
08:00 Vlagparade en opening Amfiteater
08:15 Verwelkoming Amfiteater
08:25 Geleentheidspreker – Afrikaner hoop Amfiteater
08:45 Perdevertoning met vlae Amfiteater
09:00 Bestyg die berg Vertrek vanaf verhoog
10:30 Geskiedenis vertelling op Majuba Bo op die kruin
13:00 Boeresport Grasperk langs verhoog
16:30 Cantille vir jeug HS Van Blerk Saal
18:00 Potjiekos kompetisie beoordeling Stalletjies area langs saal
19:30 Cantus HS Van Blerk Saal

Sondag (02 Maart 2014)
08:30 Diens HS Van Blerk Saal
09:15 Bedankings en afsluiting HS Van Blerk Saal
09:30 Kranslegging & Rebellie 100 monument: Monument koppie

Ander deurlopende aktiwiteite:
Stalletjies; oopvou van reuse Vierkleur; skyfskiet; perdry; sweepslaan van 7vm.tot 7 nm. en baie meer.
VOLKSLIEDERE – ZUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK EN REPUBLIEK VAN ORANJE VRYSTAAT
MAJUBA GEDENKPLAAS 2014 TARIEWE
1. Dagbesoekers: R 25.00 per persoon. Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag.
2. Herberg: R 55.00 per persoon per nag. Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag.
3. Woonstel: R 120.00 per persoon per nag.
4. Kampeerders:

  • Tent staanplek: R 45.00 per staanplek
  • Woonwa: R 65.00 per staanplek
PLUS:
  • Volwassenes R 20.00 per persoon per dag
  • Leerlinge: R 10.00 per persoon per dag


BANKBESONDERHEDE VIR MAJUBA:
Rekening naam: Majuba-Boerevolktrust
Bank: FNB (Kolonade)
Takkode: 250 655
Rekening nommer: 623 8336 2119
Verwysing: Voorletters & Van

Kontak besonderhede
Posbus 75700, Lynnwoodrif, Pretoria, 0040
Foon: 082 788 8829
E-pos: majubaberg@gmail.com

MEER BESONDERHEDE: Majunafees

 https://www.facebook.com/abel.malan

No comments:

Post a Comment