Tuesday 21 January 2014

Persverklaring van die Boere-Afrikaner Volksraad

Persverklaring van die Boere-Afrikaner Volksraad – Antwoord van MRK


Volksgenote,
BVR 

Hiermee lewer ek aan u verslag aangaande die uitslag van ons aanklag van die regering by die Suid Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK).
Op die 3e Desember 2012 het ons ‘n amptelike klag teen die regering by die MRK gelê. In kort het ons die regering aangekla op grond van hul voortdurende weiering om op enige amptelike korrespondensie van die Volksraad te reageer. In die genoemde dokumentasie is baie duidelik uitgespel dat die Boere-Afrikanervolk volgens artikel 235, internasionale verdrae en die volkerereg, oor die reg beskik om oor onsself te regeer en dat ons as amptelik verkose Volksraad hierdie reg namens die volk met die regering wil beding. (Let wel: ons het hulle nie gevra om selfbeskikking nie , oor daardie reg beskik ons reeds, maar wel gevra om die praktiese uitvoering van ons reg, te bespreek)
Na bykans tien maande van frustrerende wan-reaksie, soms ondersteun deur blatante leuens, het die MRK darem nou “n verslag” aangaande ons klag van verlede jaar gelewer.
Ek gaan nie eers die moeite doen om aan u te probeer verduidelik wat hulle sê nie. Maar slegs voldoen met ‘n paar aanhalings uit hul poging:
“based on the various considerations applied by courts and experts, the Commission was unable to establish a prima facie violation of the right to self-determination on the complaint as submitted to it. In particular it was noted that the rights to identity and civil and political rights have not been limited unfairly to inform a basis upon which the right to self-determination may be said to be violated. In this regard the Commission was mindful of the legal frameworks and structures in place to protect such rights.
Further that the current South African parliamentary system makes provision for all parties to participate; representatives from all walks of life are present in the parliamentary, provincial and municipal processes. The democratic process in the post-apartheid South Africa is therefore a free and open one. Similarly, no gross human rights violations attributable by the State on the group in question are noted nor was any evidence to this effect tabled with Commission.”
Na voorafgaande gee hulle dan ‘n uittreksel uit die grondwet (artikel 235) wat deel uitmaak van die basis waarop ons ons argument van die reg tot selfbeskikking skoei.
“Section 235 of the Constitution states the following:
“The right of the South African people as a whole to self-determination, as manifested in the Constitution, does not preclude, within the framework of this right,recognition of the notion of the right of self-determination of any community sharing a common cultural and language heritage within a territorial entity in the Republic or in any other determined by national legislation” ”
Dan gaan hulle verder deur die volgende te beweer:
“The right refers to the South African people as a whole and also as it is manifested in the Constitution. It is arguable whether the 36 000 constituents who according to the complaint indicated a need for self governance constitutes “South African people as a whole.”
In addition the Commission noted that by its own admission complaint does not claim to represent all Afrikaner people in the Country.
It s also mindful that in the context of our countries history this is a claim that has significant impact for hard won victories, the constitutional spirit of reconciliation and acceptance of diversity and social cohesion.”
Hulle gaan dan verder deur te sê dat ons klagte verwerp word op grond van Artikel 12 (8) (a) van hoofstuk 4 van hul klagtehanteringsprosedure.
In die lig van die volgende inligting wat ek aan u gaan verskaf asook die nege maande tydsverloop wat hierdie waardelose bevinding geneem het om gestalte te vind, het die Raad derhalwe besluit om tans slegs te volstaan met ‘n baie ernstige brief van beswaar aan die MRK.
Op die 14e September het die Staatspresident se regsmense geantwoord op die prokureursbrief wat op 6 Mei vanjaar namens die Volksraad deur Paul Kruger Prokureurs amptelik op die President en die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling bestel is. Hulle beweer dat geen van ons vorige dokumentasie by hulle uitgekom het nie en dat hulle nou afskrifte van alles wat tot dusvêr op die President se kantoor beteken is, verlang.
Mnr.Kruger van voorgenoemde prokureurspraktyd is besig om namens die Volksraad ‘n amptelike regs-skrywe op te stel met gepaardgaande stawende bewyse van alle amptelik-betekende dokumentasie.
Ons hou u verder op hoogte van die verwikkelinge in ons stryd om ons eie onafhanklike staat. Bly egter voortdurend hierdie saak ernstig aan ons Vader in smeking en gebed opdra; hierdie saak sal nie suksesvol eindig sonder Sy ingryping nie.
Boeregroete.
Abel Malan; Ondervoorsitter.

No comments:

Post a Comment