Saturday 1 March 2014

Abel Malan‎Boere-Afrikaner Volksraad


Volksgenote, dit is belangrik om van tyd tot tyd te gesels oor sake wat vir ons, as vryheidsgesinde volk, in die nabye toeloms van groot belang gaan word. Ek plaas vir u vandag twee modelle van moontlike staatsvorme wat heel waarskynlik die mees gewilde modelle behoort te wees.

1) Een lewensvatbare gebied; groot genoeg vir die hoeveelheid Boere-Afrikaners en assimileerbares wat onafhanklik wil wees. "n Gebied wat heel moontlik oor een of selfs twee gemeenskaplike provinsiale grense van die huidige azanië kan strek. "n Gebied met genoeg goeie, skoon water; genoeg goeie, diep gronde vir gewasverbouing asook die regte klimaat vir graanverbouing, veeboerdery, subtropiese gewasverbouing en wildboerdery. Genoeg toegang tot elektrisiteit, hetsy steenkool, wind of water. 'n Goeie, diep-genoeg hawe wat verkieslik geografies goed geleë is. Genoeg ongeskonde, mooi natuurbewaringsgebiede, insluitend 'n mooi kuslyn, 'n deel van die Drakensberge en Die Kruger Wildtuin, al is dit net die suidelike deel tussen die Krokodilrivier en die Letabarivier. 'n Gebied wat verder insluit Bloedrivier, Majuba en Vegkop.

2) 'n Konfederasie van kleiner, nie geografies aaneengeleë gebiede. Dit kan byvoorbeeld beteken 'n paar kleiner, nog steeds individueel-lewensvatbare gebiede wat al bogenoemde eienskappe besit. Wat elkeen intern deur sy eie staatsregering onder leiding van bv. 'n goewerneur soos in die VSA, bestuur word. Oorhoofs word die konfederasie van state dan deur 'n president, net soos die VSA, gelei, wat die buitelandse sake en die militêre inter-afhanklikheid van mekaar beheer en bestuur. Elke gebied behoort minsters die grootte van 'n Swaziland te wees.

No comments:

Post a Comment