Friday 24 January 2014

Sunette Bridges‎Sunette Bridges

Ek het in Julie 2009 vir die 1ste keer met FB kennis gemaak... vir die 1ste 2 jaar het ek slegs 'n gewone profiek op FB gehad en regtig GEEN idee gehad hoeveel mense dit gebruik of hoe 'n groot impak dit om my lewe en werksaamhede sal hê nie. Ek was skoon stomgeslaan toe die 1ste "Ek verpes Sunette" blaaie oral begin verskyn en moes 2x in die 1ste jaar 'n nuwe profiel skep omdat groepe my blad laat toemaak het...

Na 2 jaar het ek uitgevind dat 'n mens 'n "Page" kan begin en dit was vir my lekker om 'n blad te hê waarop ek meer as 5000 mense kon bereik. In die afgelope 2 jaar moes ek 3x nuwe "Pages" skep, ook danksy die trolle... Die aanvalle was vir my 'n vreemde verskynsel, maar iets wat ek mettertyd gewoond geraak het en geleer het om mee saam te leef.

Daar is egter 'n paar ondervindinge en geleenthede wat ek kon beleef danksy FB, wat dit alles die moeitewerd gemaak het... My 40ste verjaarsdag was verseker een van die hoogtepunte! Ek het 'n mal perd opgesaal en 300 totale vreemdelinge na my verjaarsdag genooi en dit het gesorg vir 'n onvergeetlike aand! Ek kon die Boervrouliga stig en die vreugde wat die organisasie my al besorg het, kan nooit in geld gemeet word nie! ...en dan was daar natuurlik Red October. Die impak wat die protesaksie op my lewe gehad het, sou ek nooit kon voorsien nie, maar sal ek ook vir niks verruil nie...

Ek het met die donker kant van mense te doen gekry op FB en doen steeds daagliks, maar die goeie dinge wat die gevolg was van die ure wat ek hier ingesit het, oorskadu totaal en al die negatiewe dinge. As ek dit moes oor doen, sou ek dit verseker WEER doen!

Daar is mense wat die liefde van hul lewe op FB ontmoet het... en ander wat op FB moes uitvind dat daai "liefde van hu lewe" nie heelemal so eerllik of lojaal was was wat hulle gedink het nie. Ons maak nuwe vriende en verloor vertroue is mense wat ons al jare ken...

Wat is jou FB verhaal? Sx

No comments:

Post a Comment