Friday 24 January 2014

Sunette Bridges‎Sunette Bridges

Dit het effe rof gegaan hier op ons groep die afgelope dag of wat... behalwe vir die marsmannetjies wat hier kom kwaad stook het onder 007 name - en natuurlik die wat steeds hier uithang met die soort van troetelnaampies vir hulself - moes ek weer kennis neem van al die ou en nuwe blaaie wat spesiaal deur die "WARE BOERE" van die Volk geskep is om my te ontbloot as 'n verraaier wat haarself verryk uit haar Volk om te betaal vir Ski-Vakansies... Dis nou wanneer ek nie vlug vir die GROOT GEVAAR en miljoene maak uit my CD-verkope nie!

Nou sit ek en wonder WAAR kry die mense tyd vir al die dinge? ...want die mense wat ek ken wat REGTIG besig is om te probeer help waar hulle kan, het nie een tyd vir die soort van speletjies nie. Hel, ek verpes vir Mal-Emma en verskeie ander karakters, maar ek het nie eers tyd om 'n "Ek haat Mal-emma" blad te bedryf of enige ander soort van skinderhoekie vir eensames en naamloses nie... Moet nogal lekker wees as 'n mens soveel tyd op hande het dat jy vir meer as 'n jaar histeries tekere kan gaan oor dieselfde ou onderwerp of persoon en niks anders het om te wys vir jou toewyding, tyd en energie nie.

Ek het egter nie tyd vir al die dinge nie. Ek het reeds 5 kinders van my eie en het nie tyd vir grootmense wat hulle soos kinders hier op FB gedra nie.

My versoek is dus as volg... Ek wil niks meer hoor van die blaaie of kraaie wat daar sit en gaap nie. Vertel my liefs wat gedoen moet word en waar ons volgende aan die werk kan spring, want daar is BAIE werk! Hou my op hoogte van nuus wat regtig saak maak en ons mense direk raak en kom ons gebruik ons tyd om planne te maak wat sinvolle resultate sal lewer. Wanneer jy 'n karakter raakloop wat jou bloed laat kook, blok die ding en dan kan jy NOOIT weer lees wat die enetjie als kwytraak nie. My bloklys is langer as die stamboek van Arbraham en dit besorg my geweldige sielerus.

Ek was gelukkig nog nooit die nuuskurige tipe nie, so dit pla my nie as ek nie die lawwes se goedjies kan lees nie. Met meer as 700 000 van ons mense in plakkerskampe, 13 van ons mense wat reeds in Januarie deur BARBARE vermoor is en 16 plaasaanvalle die afgelope 23 dae, is daar regtig genoeg om my besig te hou. Ons sal moet leer om te fokus. Iemand wat langs die pad stop om 'n klip te gooi na elke hond wat vir hom blaf, gaan NOOIT sy bestemming bereik nie... Sx

No comments:

Post a Comment