Thursday 23 January 2014

Sunette Bridges News Page

Vanaand moet Annelien Meyer en haar 3 dogtertjies, Juandi, Leje en Veronique sonder hul Pa, Francois, gaan slaap...

Ek weet nie eers hoe 'n mens begin troos na so iets gebeur het nie! Hoe verduidelik jy vir jou kinders van die dinge wat in die land aangaan... en hoe hulle Pappa net nog een van die slagoffers van hierdie wettelose, barbaarse land geword het... vir 'n paar rand en 'n selfoon...

Dit voel vir my asof ons hierdie gesin, en elke ander gesin wat deur hierdie dinge moet gaan, gefaal het... of daar iets was wat ons moes doen, maar nie het nie...

Daar is reeds 12 gesinne - ONS mense - wat die maand langs 'n oop graf moes staan, wat 'n Ma, Pa, Ouma, Oupa, Broer, Suster of Kind verloor het aan die hand van BARBARE wat geen respek vir lewe het nie... en ons hou aan tel en name op 'n lys skryf... Ons huil saam, ons bid, ons raak woedend en ons raak moedeloos... en more skryf ons nog 'n naam by.

Wat moet of kan ons doen? Ek weet nie... ek weet REGTIG nie... Sx

No comments:

Post a Comment