Thursday 23 January 2014

Stiefpa 'neem foto's' van meisies in badkamer

Stiefpa 'neem foto's' van meisies in badkamer


Donderdag 23 Januarie 2014
'n Man van Randburg word daarvan beskuldig dat hy 'n kamera, wat as 'n sleutelring vermom is, gebruik het om foto's van sy stiefdogter en haar vriendinne in sy huis se badkamer te neem.
Die 34-jarige verdagte het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waar die saak weens probleme met 'n regsverteenwoordiger uitgestel is.
Hy staan tereg op voorlopige aanklagte van die gebruik van kinders vir pornografie en seksuele rypmaking (grooming) van kinders.
Die stiefpa het na bewering 'n bos sleutels, met 'n klein kamera in die sleutelring, in die badkamer geplaas.
Sy vrou het die sleutels gesien, maar aanvanklik niks gesê nie omdat sy nie bewus was van die versteekte kamera nie.
Hy het sy 15-jarige stiefdogter genader en haar toe na bewering vir seks gevra. 
Toe sy weier het die man gedreig om die foto's, wat hy in die badkamer geneem het, by haar skool te versprei. 
Die meisie het haar ma van die voorval vertel waarna die polisie ontbied is.

No comments:

Post a Comment