Saturday, 1 March 2014

Abel Malan‎Boere-Afrikaner Volksraad


Volksgenote, dit is belangrik om van tyd tot tyd te gesels oor sake wat vir ons, as vryheidsgesinde volk, in die nabye toeloms van groot belang gaan word. Ek plaas vir u vandag twee modelle van moontlike staatsvorme wat heel waarskynlik die mees gewilde modelle behoort te wees.

1) Een lewensvatbare gebied; groot genoeg vir die hoeveelheid Boere-Afrikaners en assimileerbares wat onafhanklik wil wees. "n Gebied wat heel moontlik oor een of selfs twee gemeenskaplike provinsiale grense van die huidige azanië kan strek. "n Gebied met genoeg goeie, skoon water; genoeg goeie, diep gronde vir gewasverbouing asook die regte klimaat vir graanverbouing, veeboerdery, subtropiese gewasverbouing en wildboerdery. Genoeg toegang tot elektrisiteit, hetsy steenkool, wind of water. 'n Goeie, diep-genoeg hawe wat verkieslik geografies goed geleë is. Genoeg ongeskonde, mooi natuurbewaringsgebiede, insluitend 'n mooi kuslyn, 'n deel van die Drakensberge en Die Kruger Wildtuin, al is dit net die suidelike deel tussen die Krokodilrivier en die Letabarivier. 'n Gebied wat verder insluit Bloedrivier, Majuba en Vegkop.

2) 'n Konfederasie van kleiner, nie geografies aaneengeleë gebiede. Dit kan byvoorbeeld beteken 'n paar kleiner, nog steeds individueel-lewensvatbare gebiede wat al bogenoemde eienskappe besit. Wat elkeen intern deur sy eie staatsregering onder leiding van bv. 'n goewerneur soos in die VSA, bestuur word. Oorhoofs word die konfederasie van state dan deur 'n president, net soos die VSA, gelei, wat die buitelandse sake en die militêre inter-afhanklikheid van mekaar beheer en bestuur. Elke gebied behoort minsters die grootte van 'n Swaziland te wees.

Friday, 28 February 2014

Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

http://the-south-star.blogspot.de/


Mystery death: Afrikaner Neels Strydom 32 reported missing 22 feb 2014 Elsburg OB 1897/02/2014. Neels resided in Gannet Street Elsburg & was on foot when he left on the 22 February at 3.30 Pm . A withdrawal was made from his bank account. . It is with deep regret that we extend our sympathy to the family and friends of Neels who was found deceased. Missing people of South Africa Pink Ladies - (#who often seem to hide apparent crime-related deaths from members of the public in this manner). --- https://www.facebook.com/photo.php?fbid=623281317744332&set=a.373558899383243.84891.373550099384123&type=1&theater

Sunette Bridges News Page


Profielfoto ter ondersteuning van die Red October Veldtog op 21 Maart 2014! Sx

Saturday, 22 February 2014

www.radioeendrag.co.za

Net vir Rekenaar: (Speel op Media-Player of VLC Speler)
http://192.95.37.216:9986/listen.pls

Net vir BB en I phone en Nokia Radio:
http://192.95.37.216:9986/;listen.mp3/home

Kan ook op die web-werf luister by:
www.radioeendrag.co.za
www.shoutcast.com/Internet-Radio/Radio Eendrag

Kry jou VLC speler Hier:
http://www.videolan.org/vlc/index.html



Kyk ook ons Blogspot en Duitsland webwerf by:

http://radioeendrag.blogspot.de/

http://radio-eendrag.page.tl/Home.htm

VRIENDE VAN RED OCTOBER POTTIES - MOKOPANE

VRIENDE VAN RED OCTOBER POTTIES - MOKOPANE

BOODSKAP VAN ORGANISEERDER: KC

GEMEENSKAP AKSIE

Vriende van Red October Potties bied aan sy 2de Event. Hierdie Jaar 21 Maart 2014, Grotter, Better as ooit.

Ons gaan hierdie jaar konsentreer op die Slagoffers. Hulle is nie net Statistieke nie, Hierdie Mense het Name gehad.


Ons gaan 'n Gedenk Diens ly vir al die naasbestaandes van hierdie slagoffers. Daarna gaan ons 'n WIT kers aansteek en ons kruise neerle om ons Helde te vereer.

Na afloop van die Diens sal die Braaivleis Vure gereed wees en word n die publiek genooi om 'n vleisie te kom braai. Bring asseblief jul eie borde en eetgerei. Pap en Sous sal voorsien word.

Saam sal ons Staan vir Volk en Vaderland, Saam se ons die stryd aan om te se GENOEG IS GENOEG. Ons gaan nie meer stilbly oor Volksmoord nie, Ons gaan nie meer stilbly oor Haatspraak teenoor rasse nie. As God vir ons is, Wie kan dan teen ons wees?

Banner, 'n WIT Kruis gemaak met (Polistrien) met 'n naam van 'n slagoffer of geliefde daarop, bring 'n Wit kers saam wat ons kan brand vir hierdie slagoffers tydens die gedenk diens.

Trek asseblief 'n WIT T-shirt aan of WIT Hemp. Gemaklike skoene, stoel om op te sit tydens die Diens.

Hou ons blad dop POTTIES GENOEG IS GENOEG vir verdere details van die Event. Sien julle almal daar.

GROETE : KC Kontak nommer 0734573510

Antonie Horn


So skryf 'n jong meisie van Bloemfontein! - UITSTEKEND!!!!!

Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde Desmond Tutu sê, wat voorstel dat ons blankes (wittes) welvaartsbelasting moet betaal, en ook wil ek vir jeugleier Julius Malema sê, wat beweer dat daar 'n blanke (wit) besigheidsmonopolie in onse land is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor en onderstebo het, want:

Ons GEE, ons sorg, ons voorsien, ons deel uit, ons kook sop, ons bak brood, ons maak ons klerekaste leeg, ons "tip" vir die stoot van 'n trollie by die winkel met twee items in, ons "tip" vir ons kar se oppas, ons "tip" vir ons kar se was, ons "tip" die bedelaars by die robotte - wat hul eie landgenote nie eers doen nie. Ons betaal vir uitgebreide familielede se begrafnisse tot in die derde geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons huishoudsters leer, ons brei truie, musse, handskoene, ons koop komberse, ons gee klasse in papiere optel, kook, brei, hekel, kleremaak, spit, boer, plant, koeie melk. Ons GEE. Ons koop oorpakke, koop verjaarsdagkoeke, koop pille, betaal die taxi, gee ons kosbare padkos langs die pad weg en sweeties deur kar- en treinvensters. Ons GEE. Ons skep werk, ons kry jammer, ons bid, ons tel babas in asblikke op en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies in kleuterskole in plakkerskampe, ons laat opereer, ons gee ons harte, lewers, niere, longe en tonge. Ons GEE. Ons is nie rassisties nie, ons is nie wraakgierig nie, ons bly steeds hier in ons land, ons maak skoon, ry aan, laai af, tel op. Ons troos, verduidelik, ons bly kalm, staan in lang rye en glimlag, en laat die een met die krukke eerste gaan. Ons GEE.... Het ek al gesê, ons GEE. So, ek dink, iewers tussen êrens en nêrens het julle die kat aan die stert beet, en het julle alles agterstevoor en onderstebo.

ENIELEDAM NAMUH (Agterstevoor vir Madeleine Human)
BLOEMFONTEIN