Saturday 22 February 2014

Antonie Horn


So skryf 'n jong meisie van Bloemfontein! - UITSTEKEND!!!!!

Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde Desmond Tutu sê, wat voorstel dat ons blankes (wittes) welvaartsbelasting moet betaal, en ook wil ek vir jeugleier Julius Malema sê, wat beweer dat daar 'n blanke (wit) besigheidsmonopolie in onse land is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor en onderstebo het, want:

Ons GEE, ons sorg, ons voorsien, ons deel uit, ons kook sop, ons bak brood, ons maak ons klerekaste leeg, ons "tip" vir die stoot van 'n trollie by die winkel met twee items in, ons "tip" vir ons kar se oppas, ons "tip" vir ons kar se was, ons "tip" die bedelaars by die robotte - wat hul eie landgenote nie eers doen nie. Ons betaal vir uitgebreide familielede se begrafnisse tot in die derde geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons huishoudsters leer, ons brei truie, musse, handskoene, ons koop komberse, ons gee klasse in papiere optel, kook, brei, hekel, kleremaak, spit, boer, plant, koeie melk. Ons GEE. Ons koop oorpakke, koop verjaarsdagkoeke, koop pille, betaal die taxi, gee ons kosbare padkos langs die pad weg en sweeties deur kar- en treinvensters. Ons GEE. Ons skep werk, ons kry jammer, ons bid, ons tel babas in asblikke op en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies in kleuterskole in plakkerskampe, ons laat opereer, ons gee ons harte, lewers, niere, longe en tonge. Ons GEE. Ons is nie rassisties nie, ons is nie wraakgierig nie, ons bly steeds hier in ons land, ons maak skoon, ry aan, laai af, tel op. Ons troos, verduidelik, ons bly kalm, staan in lang rye en glimlag, en laat die een met die krukke eerste gaan. Ons GEE.... Het ek al gesê, ons GEE. So, ek dink, iewers tussen êrens en nêrens het julle die kat aan die stert beet, en het julle alles agterstevoor en onderstebo.

ENIELEDAM NAMUH (Agterstevoor vir Madeleine Human)
BLOEMFONTEIN

No comments:

Post a Comment