Thursday 6 February 2014

Sunette Bridges‎Sunette Bridges Geslote Groep


Ek't nie woorde om my gevoelens te beskryf vandag nie... Dis verskriklik om so te sit en kyk hoe die land brand! Goed wat nooit weer reggemaak gaan word nie... paaie wat nie herstel gaan word na bande daarop gebrand is nie... 'n snelweg wat toe is, 'n kliniek, gemeenskapsaal, polisiestasie, huise, alles daarmee heen.
Ek het 'n magdom werk om te doen, maar ek kom nie aan die gang nie. Ek skakel oor van die een webwerf na die volgende en slaan my hande saam oor wat in die land aangaan. Selfs berigte soos dat die SAUK se Finansiële beampte se hoogste kwalifikasie 'n Skoonheidsterapie-sertifikaat is, is vir my een te veel!

...en dan kry ek boodskappies en e-possies van bekende kunstenaars wat vir my vertel dat ek my hart moet uitpraat om van my woede ontslae te raak en hande moet vat met die ander volke in SA want "liefde wen"... Vir die soort het ek lus om my drywer uit my gholfsak te gaan haal em hom tot bekering te bring!

Ek't ook meer as my deel "haatpossies" in my inkassie ontvang vandag... Ek's blykbaar 'n "vyand van die volk" met ego probleme oor ek te veel vrae vra oor mense wat beloof dat hulle "binne maande grond, stede, hospitale en universiteite" vir die Volk gaan verwerf as ons het vir hulle stem...

Ek moet bieg die "jy is 'n vyand van die volk" briefies oortref deesdae die "jy is 'n rassis" briefies en dis nogal 'n vreemde verskynsel vir my hoor!

...so tussen al die dinge deur, bekommer ek my simpel oor die mense in Bronkhorstspruit en hoop dat die lot klipgooiers uit stoom uit sal hardloop voor daar nog meer verwoesting gesaai word... Sx

1 comment:

  1. Na 5 jaar in die huwelik met my man met 2 kinders, het my man vreemd begin optree en met ander dames uitgegaan en my koue liefde getoon. By verskeie geleenthede dreig hy om van my te skei as ek hom durf ondervra oor sy verhouding met ander dames, ek was heeltemal verwoes en verward totdat 'n ou vriend van my my vertel het van 'n spelmeester op die internet genaamd Dr.Wealthy wat mense met verhoudings- en huweliksprobleme help deur die magte van liefdesspreuke, ek het aanvanklik getwyfel of so iets ooit bestaan, maar besluit het om dit te probeer, toe ek kontak met hom het, het hy my gehelp om 'n liefde te speel, en binne 48 uur het my man na my toe teruggekeer en om verskoning gevra. Nou het hy opgehou om saam met ander dames en sy vrouens saam met my te gaan . Kontak hierdie wonderlike liefdesverwyderaar vir u verhoudings- of huweliksprobleem wat vandag opgelos kan word via: wealthylovespell@gmail.com of direk WhatsApp: +2348105150446.

    ReplyDelete