Wednesday 5 February 2014

AWB Wes-Kaap Promosieblad

ANC brom oor skenkers

Die ANC het gesê hy is “diep bekommerd” oor die geheime internasionale skenker se rol in die noodlottige samesmelting van die DA en Agang SA verlede week.

“Wat die meeste bekommer is die openbare erkenning van die leiers van die twee partye dat dié buitelandse elemente, wat hul geldelike hulpbronne as hefboom gebruik, in staat is om aan hulle voor te skryf hoe hulle hul organisasie moet struktureer, wie hulle moet lei, met wie hulle moet ba­klei...” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gister in ’n persverklaring gesê.

Die ANC sê hy hoop nie die nuwe onthulling is ’n refleksie van die rol wat dié partye speel om die grondwetlike reg van kiesers te ondermyn om vrye politieke keuses uit te voer nie.

Alle politieke partye, ook die ANC, het egter Dinsdag vasgeskop teen hernieude druk om die name van hul skenkers bekend te maak.

Mthembu self het vroeër in die dag gesê die ANC is ook nie ten gunste van deursigtigheid ten opsigte van skenkers nie. “Nie nou nie. Daar is nie genoeg openbare finansiering uit die staatskas om partye te finansier nie, so nou moet partye staatmaak op donateurs en hulle verkies meestal anonimiteit.”

Die DA sê opposisiepartye se donateurs sal deur die regering geviktimiseer word as hul name bekend word.

Helen Zille, leier van die DA, het in ’n onderhoud op Talk Radio 702 gesê sy sou nooit deel van so ’n ooreenkoms wees nie, maar het gesê sy weet wie die skenker is.

“Wel, ek was beslis nie van plan om enige geld te aanvaar om saam te smelt nie,” het Zille gesê. “Jy weet ek sal dit nooit doen nie. Ek stel nie belang in sulke soort ooreenkomste nie.”

No comments:

Post a Comment