Wednesday 5 February 2014

Aanklagte teen Vermeende Plaasmoordenaar Teruggetrek


Aanklagte teen Vermeende Plaasmoordenaar Teruggetrek




plaasmoordeAanklagte teen ‘n vermeende plaasmoordenaar is Donderdag teruggetrek.
Dit is een van drie swart verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle Sarel Pretorius op die plaas Roodepoort naby Barkly-Oos vermoor het.
‘n Klerk van die hof sê onvoldoende bewyse teen Thandeka Mthiyane (33) het veroorsaak dat die aanklagte teruggetrek is in die landdroshof op Barkly-Oos.
Die saak teen die ander twee beskuldigdes, Bongani Nojokwe (31) en Vumile Dingalibala (28) is tot 13 Februarie uitgestel en die twee sal in polisie-aanhouding bly.
Nojokwe en Dingalibala is in Gauteng vasgetrek na ’n intensiewe ondersoek. Pretorius is twee weke gelede vermoor en sy vrou is in die badkamer toegesluit tydens die aanval.
Mthiyane het saam met die twee verdagtes in die hof verskyn as ’n medepligtige van Gauteng.
Tydens die inhegtenisneming is daar op R74 000 kontant en twee 9 mm-pistole beslag gelê.
Versprei die Nuus - Deel hierdie met u vriende!!

No comments:

Post a Comment