Saturday 25 January 2014

Sunette Bridges


Met die vorige Red October byeenkomste het ek net 26 dae gehad om al my eendjies in 'n ry te kry... Die keer het ek 54 dae en ek gaan julle GEK maak! Ek't groot planne!!!

Omdat ek wil hê dat ons die keer op plekke bymekaar moet kom eerder as stap, is daar heelwat "ekstra" goedjies wat gedoen kan word. Een daarvan is dat ek gaan poog om by ons grootste byeenkomste skerms op te sit met 'n skakel tussen die byeenkomste en ons ons vriende in ander dorpe en stede kan sien. My arme man het nou al grys hare om die gedoente vir my uit te sorteer.

Ek wil ook meer van ons ander Volkseie organisasies betrek en hulle vra om by die byeenkomste inligting te gee oor hul werksaamhede met die klem op Beveiliging en Selfbeskikking.

Wat is JOU voorstelle om van ons Red Ocotber aksie op 21 Maart 'n groter sukses te maak as verledejaar se byeenkomste? ...en van wie sou jou meer wou hoor op die dag? Sx

No comments:

Post a Comment