Friday 10 January 2014

Sunette Bridges News Page

My planne vir 2014 is as volg...
Kleinvallei is heel bo aan my lysie. Hierdie is 'n reuse projek wat ek nie sonder BAIE hulp, bystand en ondersteuning sal kan aanpak nie. Ons is tans besig met die webwerf waar ons idees en planne mooi uiteengesit sal wees. In die verband het ek 'n vraag... Moet die inligting op die webwerf in Afrikaans of Engels wees? Ek sou dit graag alles in Afrikaans wil doen, maar ek weet nie of ons genoeg fondse sal kan in uit eie geledere nie en ek gesels met 'n paar oorsese beleggers. Hoe gemaak met die voertaal van die webwerf?

Ek beplan nog 'n "Red October" optog en veldtog vir 21 Maart die jaar. Dit is 'n publieke vakansiedag - Menseregtedag - en kort voor die verkiesing. Sal jy dit weer ondersteun en is daar van die mense wat nie die vorige optogte kon bywoon nie, wat dit die keer sal meemaak?

Die Boervrouliga het op die oomblik 4 aktiewe projekte. Eerstens moet ons die 2de jaar van 'n 4 jaar beurs, se gelde aan die einde van Januarie uitbetaal. Ons het ook steeds die Boeremag-familiefonds waaruit ons maandeliks van die manne se gesinne se uitgawes betaal soos dit vir ons moontlik is met die skenkings wat ons ontvang.

Ons het ook onderneem om te help met die opknapping van Pam's... Dit is 'n hawe vir bejaardes. Die misliktepaliteit het verledejaar hard probeer om Pam's se deure te sluit. Dit sal 47 bejaardes haweloos laat. Ons kon daarin slaag om 'n prokureur aan te stel en ook 'n landmeter om die saak te beveg en sodoende die deure oop te hou. Die hofsaak sal aan die einde van Februarie afgehandel wees en dan sal ons van die hof verneem wat alles daar verander moet word om te verseker dat Pam's nie toegemaak word nie. Sodra ek meer hieroor weet, sal ek terugvoer gee.

Laastens, en seker ons grootste projek, is om die fondse te in vir Kleinvallei... Ek snak soms na my asem as ek dink oor die wille perd wat ons opgesaal het, maar dit moet gedoen word en vinnig. ...en net een so 'n plek sal ook nie genoeg wees nie, maar ons moet iewers begin...

Om hierdie drome, planne en ideale 'n werklikheid te maak, het die Boervrouliga regtig julle ondersteuning nodig. Word 'n lid of vriend asseblief. Ons is nog net 'n handjievol en ons het reeds baie vermag in 2013 danksy ons lede en vriende. As jy meer wil weet oor die Boervrouliga of by ons wil aansluit, gaan loer na ons webwerf... Daar is ook 'n Besigheidsgids waar ons lede en vriende hul ondernemings gratis kan adverteer...

Dankie vir al die ondersteuning in 2013 met die mal dinge wat ek soms aangepak het. Kom ons maak van 2014 'n GROOT jaar met GROOT suksesse vir ons mense! Sx

www.boervrouliga.co.za

No comments:

Post a Comment