Staan saam vir ons taal – AfriForum Jeug Toer
Deur Martin de Lange (@survivelife101)
Ek het nie regtig geweet waarvoor ek my inlaat toe ek Charl Oberholzer, die huidige nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, se aanbod aanvaar het om op die jaarlikse AfriForum Jeug-leierskapontwikkelingstoer te gaan nie. Al wat ek geweet het, dat ek saam met ‘n groep van agtien studente van vier verskillende kampusse op ‘n toer sou vertrek na Kaapstad om meer te leer oor Afrikanergeskiedenis en -erfenis.
Toe ek die ander toerlede ontmoet, wonder ek wat op aarde die organiseerders gedink het. Voor my staan ‘n groep so uiteenlopend dat hulle onder ander omstandighede net verby mekaar sou loop sonder om twee keer na mekaar te kyk. Daar is die Boere van Bloemfontein, die Politieke Uitgesprokenes van Pretoria, twee Vriende van Orania, Potchefstromers en dan ek, die Blommekind.
Tog is daar iets spesiaals aan die groep. Al is ons hoe verskillend, daar is iets wat ons bind. Was dit Charl se glimlag en besonderse charisma? Of Henk Maree se buitegewone vermoë om met absoluut enigiemand te kan praat? Dalk was dit Liza-Mari, ons toermoeder, se geduld wat Job sou beskaam? Nee, daar was iets groters. ‘n Gom wat ons almal sou bind. Eers ná ‘n paar dae in die Kaap sou ek besef dat dit ons liefde vir ons taal, ons kultuur en geskiedenis was.
Ons besoek aan die Moederstad was nie net om ‘n paar museums te besoek, snoek te braai en stres te ontlaai op Stellenbosch se wynplase nie. Ons is gekies om duisende studente se stryd teen rasseklassifikasie te verteenwoordig met ‘n optog voor die Parlement. Ons was hier op Erfenisdag om ons land se leiers bewus te maak dat ons – nie net wit studente nie maar die hele opkomende generasie van alle rasse – nie geklassifiseer wil word op grond van ons velkleur nie.
Maande lank het AfriForum Jeug studente besoek by die Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria, Universiteit van Stellenbosch en Noordwes-Universiteit om petisies in te samel vir dié groot dag.
In ons diversiteit was daar ‘n band wat ons nader aanmekaar sou heg. ‘n Doel wat ons elkeen deel: om ons taal, erfenis en kultuur te beskerm, en om nie toe te laat dat ons verder gemarginaliseer word nie.
Van ons is konserwatief, van ons liberaal. Van ons is boere van Bloem en van ons is blommekinders. Saam het ons om dieselfde vuur gebraai, en saam sal ons staan as die opkomende generasie van die land waarvoor ons almal lief is.

No comments:
Post a Comment