Sunday 5 January 2014

O Boerevolk



O, Boerevolk, waar gaan jy heen?
Het jy nog enige murg in jou been?
Weet jy nog wie jy is
of is jy reeds uitgewis?

Van waar kom die verraad so diep?
Net soos die dodelike griep
broer teen broer en pa teen seun.
Is jy reeds dood en dié jou laaste kreun?

Die groot sterk helde het geval
en die perde was nog maar op stal.
Wat sou hulle tog kon doen
op die slagveld sonder enige roem?

Gelukkig, Boervolk, het God beskik
dat daar leiers is wat glad nie skrik
wie se oë vir geen oomblik wik
tot in die laaste fiere blik.

Gelukkig, Boervolk, het God ons gegee
vrouens met wie ons, ons liefde smee
vroue wat ons bystaan in die leiers wee
tot met ons laaste, laaste tree.

Geskryf deur AT du Toit
Boeremaglid
C Maks Gevangenis
 
 

No comments:

Post a Comment