Sunday 5 January 2014

Boerebloed



Helder kinder gesiggies
Is die Hemel se liggies.
Spelende mensies vol vrolik en lag
Dis die hoogtepunt van elke nuwe dag.

Boere in oorlog dood
Boervolk se offer was baie groot.
Vroue en kinders in kampe gelos
Hierdie volk het baie duur gekos.

Vir elke Boer wat onder vyandshand sterf
Is dit ‘n nuwe bloedstreep geverf
Vyand se einde is duidelik insig
Bring tog ons geliefdes weer terug.

Vir jou ons land Suid-Afrika!
Hoeveel bloed gaan ons vryheid nog vra?
Vyand wees bang en wees nie gerus
Valse oorwinning het jou slaap gesus.

Boervolk se vryheid sal wel weer kom
Slagoffer stemme is swygend stom.
Wit kruisies geplant aan pad se kant
Boerbloed gegiet in vaderland.

Boervolk hou moed, jul oorwinning sal kom
Die waarheidspad is nou en krom.
Elke druppel Boerbloed gegiet
Is ons offer gebring – dit was nie verniet.

No comments:

Post a Comment