Friday 17 January 2014

Majubaberg, net buite Volksrust

Die Jaarlikse Majubafees vind vanaajr plaas vanaf 28 Februarie tot 2 Maart, en word vanjaar gereël deur TLU SA.

Almal word genooi om die besondere jaarlikse instelling by te woon, en maak seker dat familie (skoonma inkluis...) en vriende saamgenooi word vir 'n heerlike kampeernaweek met die volgende voorlopige program:

Vrydag
14h00 Inrig van kampplekke en kuier
19h00 Opening en verwelkomingiseerder
20h00 Fakkelloop
22h00 Filmvertoning

Saterdag
07:30 Vlagparade en opening
07:45 Perdevertoning met vlae
08:05 Verwelkoming: Hannes Scholtz, Voorsitter Majuba Trust
08:15 Geleentheidspreker – Afrikanerhoop: Bennie van Zyl, TLU SA
08:35 Skyngeveg oor die Slag van Majuba
09:00 Bestyg die berg / Skyfskiet deurlopend tot 17h00
09:15 Geskiedenisoorsig vir ouer mense wat nie die berg bestyg nie
10:30 Geskiedenisvertelling op Majuba
14:00 Boeresport
16:30 Cantille vir jeug
18:00 Potjiekoskompetisie beoordeling
19:30 Cantus

Sondag
08:30 Dankdiens
09:15 Bedankings en afsluiting

09:30 Kranslegging

Tussendeur is daar skyfskietkompetisies, potjiekoskompetisie en stalletjies.

Die kampgelde vir 2014 is soos volg:
1. Dagbesoekers R25.00 per persoon (groepe groter as 25 persone kry 20% afslag)
2. Herberg R55.00 per persoon per nag (groepe groter as 25 persone kry 20% afslag)
3. Woonstel R120 per persoon per nag
4. Kampeerders
Tent staanplek R45.00 per staanplek
Woonwa R65.00 per staanplek
PLUS:
Volwassenes R20.00 per persoon per dag
Leerlinge R10.00 per persoon per dag
Besprekings moet gedoen word by besprekings@majubatrust.co.za of by Marie de Beer by 017 – 735 1962

No comments:

Post a Comment