Tuesday 4 February 2014

Sunette Bridges

Ek moet die juweel met julle deel uit Saterdag se "debat".... Die "skare" het vreeslik kwaad geword vir die Boere wat graag hul eie grondgebied wil hê en vir ons probeer verduidelik dat daar onder GEEN omstandighede weer so iets in SA toegelaat sal word nie. Almal is saam in een pot en NIEMAND kry hul eie grond nie...

Ek vra toe ewe onskuldig... "Maar wat van die Zoeloes wat reeds 37% van Natal vir hulself gevat het in die Ingonyama Trust?"

Pierre de Vos wit hom amper uit sy pienk hempie uit en verduidelik vir my dat ek die hele storie uit my duim suig, dat daar geen so 'n plek bestaan nie en dat dit 'n infame leuen is... Sike, die aanbieder kry eweneens amper hartversaking en vra vir my: "Sunette, where did you hear such nonsense? Do you have proof of these ridiculous accusations? Who is your source?"

Ek kon maar net giggel vir die Pedi-vrou wat nie weet van die Zoeloes se dinge nie en die patetiese De Vos wat hom so besig hou met Boer-Bashing dat hy lankal tred verloor het met wat in die res van die land aangaan! My raad aan die tweetjies... "Google is your friend!"

Ek't toe maar gister vir Sike 'n e-possie gestuur met die inligting en hopelik is sy nou meer kwaad vir die Zoeloes as vir die Boere...

Was nogal 'n "Kodac Moment" wat ek werklik hoop nie onder hulle skêr sal deurloop nie...

Met die in gedagte het ek nou 'n plan... Ek gaan vir my 'n mooi tabbertjie aanskaf - amper soos die Queen s'n met 'n "Sash" wat in die kleure van die Vierkleur, kroon en 'n borsspeld vol diamante... Dan gaan ek 'n paar Boere bymekaarskraap om my as "Traditional Leader" te benoem en hul grond in 'n Boere-Trust se konsolideer... Dan gaan ek 'n Groen stoel in die Parlement vir my verwerf as "Traditional Leader" van die Boere en ook R70mil per jaar van die Goewerment eis vir my Volk - Grondregte, Traditional healers (wat in ons geval behoorlik gekwalifiseerde dokters sal wees) en Traditional Courts (wat in ons geval behoorlike regslui sal wees) alles deel van die pakket! So hou ek dan aan kerm in hulle se ore todat hulle uit moedeloosheid vir my vra om net my grond te vat en hulle met vrede te laat... Sx

No comments:

Post a Comment