Saturday 15 February 2014

RADIO EENDRAG


RADIO EENDRAG
ANTONIE HORN 
Naandse al my vriende,
Graag wil ek asb julle eerlike mening op die volgende he.

Baie van julle weet dat ek laasjaar betrokke was as DJ by Radio Vryheid.Ek is egter weg laas jaar Augustus en het toe Radio Eendrag begin.Ek is vandag genader om weer by radio Vryheid 'n Dj te wees, om die nuus te doen en ook musiekmandjie daar aan te bied teen vergoeding.Tans is daar geen inkomste uit radio Eendrag nie en doen ek dit uit my hart, maar het tog uitgawes op die Stasie wat elke maand gedek moet word al is dit nie so hoog nie.Die slegte nuus is egter dat indien ek dit sou aanvaar ek Radio Eendrag moet toemaak, dis die voorwaarde.Radio eendrag is egter deel van my lewe en ons het hard gewerk om hom tot op die punt te kry.Ons het lojale luisteraars wat bankvas agter ons staan en gereeld inskakel.Verder sal dit dan ook gebeur dat die boere program Saterdae heeltemal wegval en nie meer uitgesaai sal word nie.Op Radio Vryheid sal ek die nuus gegee word wat ek moet aanbied en mag geen programme soos ons boereprogram aanbied nie, ook mag ek nie meer my opinie gee oor die lug nie.

Ek moet teen more aand vir Radio Vryheid 'n antwoord gee rondom die aanbieding, maar daardie antwoord gaan van julle die luisteraars afhang.Ek wil nie graag radio eendrag sluit nie want dis deel van ons lewe, waar ons oor alles kan gesels, lag ,huil en soos 'n famiklie kuier.Dit sal ook meebring dat die webwerf en Fb blad sluit.

Nou my vriende wil ek van julle af hoor hoe voel julle daaroor.

Moet ek die aanbieding aanvaar en radio eendrag sluit OF gaan ons aan soos ons nou aangaan op ons eie Radio stasie?

Julle as my vriende en luisteraars se antwoorde hierop sal op die ou end die besluit neem.Antwoord asb eerlik hoe jy voel.

Groetnis
Dj Uiltjie

No comments:

Post a Comment