Saturday 4 January 2014

Wikus Botha

Dis die nuwe jaar...en hiers n kort-beskrywing van myself, vir die van julle, wat my nognie ken nie..............JY IS 'N BOER AS:
- jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
- jou voorarms dikker is as jou bo-arms
- jy beter kan bestuur op die grondpad as op ‘n teerpad
- 4 karre in ‘n ry rowwe verkeer is
- jy versnel in plaas van rem as daar ‘n jakkals oor die pad
hardloop - jy ‘n hek kan oop- en toemaak sonder om jou
gesprek te onderbreek - jy skaapkraal toe stap in plaas van
kafee toe as die vleis op is
- hoender en vis vir jou tel as groente
- jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin kan
gebruik sonder om te dink dit is suggestief
- jou honde net van pap en melk lewe
- jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe dit
gebeur het - jy drie stelle finansiёle state aanhou. Een
waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarop jy op die
rand van miljoenêr is vir die bankbestuurder en een wat die
waarheid is
- jy Zoeloe/Sotho beter kan praat as Engels
- jou Engelse woordeskat bestaan uit ‘yes’, ‘no’, ‘thank you’
en ‘Vat vrou! Hulle praat alweer Engels!’
- jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.
- jy alle mans met die hand groet en al die vrouens
soengroet, veral vreemde mense!
- jy dink ‘n meneer gee skool en al die ander mense kan
aangespreek word as ‘oom’ en ‘tannie’
- jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week
uitsien na Werfbobbejaan - jy liewer is vir jou trekker as jou
skoonseun
- jy kan sê watter kant toe die wind waai sonder om jou
vinger nat te lek - ‘Afrikaners wat saamstaan’ vir jou beteken
die beeste is in die kraal - jy op die 5de Julie nog ‘n
kortbroek dra
- jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies
- jou jaarlikse dankoffer skaap, bees of graan insluit
- jou werknemers jou ‘Lanie’ noem en jy nie omgee nie
- jy die weer beter kan voorspel as die SABC
- jou radio iewers tussen 100 en 103 staan
- jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ‘n kar
hoor aankom - jy die woord ‘gel’ net gebruik in sinne soos
‘gel, maar dit is koud’ of ‘gel, maar nou is ek honger’
- jy naastenby enige iets kan regmaak met insolation-tape,
‘n tang en ’n stukkie binddraad
- een of almal van die volgende goed in een of meer van jou
voertuie is: draadtang, ‘n spuit, spuitnaalde en terramycin, ‘n
paar patroondoppies (waarvan ‘n paar nog gelaai is),
insolation-tape, ‘n stuk tou, ’n stuk binddraad, ‘n paar
spaanders - heel moontlik ‘n 13, 17 en 19 en ‘n grip onder
die seat, (as jy na ‘n bakkie se sitplekke verwys as seats en
aanneem dit is Afrikaans, saam met clutch en exhaust), ‘n
klomp papiere insluitend strokies, kwitansies, fakture,
toiletpapier en ‘n spul ander wat al so vuil getrap is dat jy nie
regtig weet wat hulle is nie, maar daar binne hou net vir
ingeval jy hulle later nodig kry. En ‘n bos sleutels wat als
oopsluit op die plaas.
Jy is met ‘n boer getroud as...
- twee van die drie bondels wasgoed hoofsaaklik kakie is
- ‘voorspel’ die wedstryd is voor die springbokke speel
- jy olie, bloed, sweet en modder met die eerste slag kan
uitwas
- die lande en spilpunte netjieser is as jou blomtuin
- jou blomme in netjiese “stroper” rytjies staan met ‘n
aanvoor weerskante - jy gou ‘n stukkie omgespit wil hê en jy
hoor die trekker start
- twee van die etes wat jy bedags maak, meer as die helfte
vleis is

No comments:

Post a Comment