NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE AVP LEIER.
Vir
 die Afrikanervolk was daar politiekgewys in Suid Afrika weinig waaroor 
ons opgewonde kon raak in 2013. Die jaar het afgespring met berigte wat 
bevestig: Vyf biljoen rand geblaas op partytjies deur die swart 
deurbringers, terwyl die land se infrastruktuur in duie stort.
Wat
 wel positief was, is dat telkens wanneer die verraaiers praat of skryf 
om hulle optrede sedert 1994 te probeer regverdig, kom daar inligting na
 vore van die brutale en onbeskaamde wyse waarop daar met bedrog mense 
se goedertrou gewerf is om die teenoorgestelde te bereik van wat 
voorgegee is. Geleidelik word ‘n legkaart gebou wat die onderskeid 
tussen waarheid en leuen in perspektief plaas, soos wat ook die geval 
met die “Boeremagsaak” aan die lig gekom het.
Wat
 veral negatief was van 2013, is die verspilde tyd wat verlore gaan 
vanweë Afrikaners wat steeds agter verwagtings aanloop wat geskep word 
deur saampraters, onderhandelaars, vakbonde, geheime organisasies, 
kultuur en kerkliggame wat voorgee om in Afrikanerbelang op te tree, 
terwyl daar soos in die verlede slegs tyd gekoop word vir ons vyande om 
hulle doel met ons te bereik.
Ten
 spyte daarvan dat die skynbaar onmagtige posisie van die Afrikanervolk 
in 2013 nie verbeter het nie, is daar egter tog twee sake wat aandag 
verdien. Die eerste is die feit dat daar feitlik wêreldwyd geluide begin
 opgaan oor die negatiewe invloed wat groot getalle volksvreemdes op 
plaaslike bevolkings begin het. Die wêreldswye oor die onwettige afdwing
 daarvan in Suid Afrika, behoort vir ons die aanduiding te wees dat ons 
nie op hulp uit daardie geledere moet staatmaak nie.
Die
 tweede saak is die afsterf en uiteindelike begrafnis van Mandela. Die 
handeling om sy dood en begrafnis vir maandelank uit te rek, het bepaald
 die aggressie van die Swart heethoofde laat uitrafel en sodoende die 
“nag van die lang messe” grootliks in die doofpot gestop. Wat die 
oogmerk daarmee ookal was, vir die Afrikanervolk het dit ‘n positiewe 
effek in die sin dat dit ook vir ons tyd koop om beter voor te berei, 
veral geestelik, vir die tyd wat voorlê. 
VIR 2014
Oor
 die algemeen was Geloftefeeste baie goed bygewoon en bevestig dit die 
Afrikaner se behoefte om terug te keer na God. 2014 sal groter 
finansiële en sosio-ekonomiese eise aan ons stel en dus groter 
selfbeheersing, paraatheid, arbeidsaamheid en beplanning verg. Bowenal 
sal ons samehorigheid en bereidheid tot samewerking, tot die uiterste 
beproef word. Ons sal bymekaar gedwing word, of ons bymekaar wil wees of
 nie! Reik uit na u naaste wat minder het, dien die HERE en vertrou op 
Hom vir al u behoeftes. Laat ons innerlike oortuiging op mekaar afgestem
 wees en verset teen alle onreg, ons gesamentlike oogmerk. Want 
hierdie land is ons land! Ons skuld hom aan niemand, veral nie aan die 
Swart rasse van Afrika nie. In teendeel is alles wat hulle het en is, 
aan die Afrikaner te danke. 
Ons
 doel is politieke vryheid. Dit is egter slegs bereikbaar deur eers die 
Koninkryk van God te soek, want eers dan sal Hy wat vir ons nodig is, 
vir ons byvoeg. Daar is baie “slim” politieke leiers. Ons is egter deur 
God in Afrika geplaas en dit is Hy wat ons hier sal uithaal indien ons 
voortgaan om te leef asof Hy nie bestaan nie. DEUTERONÓMIUM
 27:9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel 
toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die 
volk van die HERE geword. 
 JOSUA 10:12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die 
HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die 
oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van 
Ájalon! 
 JOSUA 10:13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die 
volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek
 van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die 
hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag.
Dít
 is die God wat ons dien en wat ons voorgeslagte op Sy hande in Afrika 
ingedra, beskerm en bewaar het omdat hulle Hom gedien en op Hom vertrou 
het!
Vir
 2014 bid ek dat u en u huis die Here sal dien. Dat God die Vader u sal 
seën as Sy kind. Dat Hy aan u Sy genade sal gee. Dat Hy aan u Sy vrede 
sal laat toekom, in die wonderlike Naam van Jesus Christus, Amen.
No comments:
Post a Comment