Friday, 10 January 2014

Sunette Bridges News Page

My planne vir 2014 is as volg...
Kleinvallei is heel bo aan my lysie. Hierdie is 'n reuse projek wat ek nie sonder BAIE hulp, bystand en ondersteuning sal kan aanpak nie. Ons is tans besig met die webwerf waar ons idees en planne mooi uiteengesit sal wees. In die verband het ek 'n vraag... Moet die inligting op die webwerf in Afrikaans of Engels wees? Ek sou dit graag alles in Afrikaans wil doen, maar ek weet nie of ons genoeg fondse sal kan in uit eie geledere nie en ek gesels met 'n paar oorsese beleggers. Hoe gemaak met die voertaal van die webwerf?

Ek beplan nog 'n "Red October" optog en veldtog vir 21 Maart die jaar. Dit is 'n publieke vakansiedag - Menseregtedag - en kort voor die verkiesing. Sal jy dit weer ondersteun en is daar van die mense wat nie die vorige optogte kon bywoon nie, wat dit die keer sal meemaak?

Die Boervrouliga het op die oomblik 4 aktiewe projekte. Eerstens moet ons die 2de jaar van 'n 4 jaar beurs, se gelde aan die einde van Januarie uitbetaal. Ons het ook steeds die Boeremag-familiefonds waaruit ons maandeliks van die manne se gesinne se uitgawes betaal soos dit vir ons moontlik is met die skenkings wat ons ontvang.

Ons het ook onderneem om te help met die opknapping van Pam's... Dit is 'n hawe vir bejaardes. Die misliktepaliteit het verledejaar hard probeer om Pam's se deure te sluit. Dit sal 47 bejaardes haweloos laat. Ons kon daarin slaag om 'n prokureur aan te stel en ook 'n landmeter om die saak te beveg en sodoende die deure oop te hou. Die hofsaak sal aan die einde van Februarie afgehandel wees en dan sal ons van die hof verneem wat alles daar verander moet word om te verseker dat Pam's nie toegemaak word nie. Sodra ek meer hieroor weet, sal ek terugvoer gee.

Laastens, en seker ons grootste projek, is om die fondse te in vir Kleinvallei... Ek snak soms na my asem as ek dink oor die wille perd wat ons opgesaal het, maar dit moet gedoen word en vinnig. ...en net een so 'n plek sal ook nie genoeg wees nie, maar ons moet iewers begin...

Om hierdie drome, planne en ideale 'n werklikheid te maak, het die Boervrouliga regtig julle ondersteuning nodig. Word 'n lid of vriend asseblief. Ons is nog net 'n handjievol en ons het reeds baie vermag in 2013 danksy ons lede en vriende. As jy meer wil weet oor die Boervrouliga of by ons wil aansluit, gaan loer na ons webwerf... Daar is ook 'n Besigheidsgids waar ons lede en vriende hul ondernemings gratis kan adverteer...

Dankie vir al die ondersteuning in 2013 met die mal dinge wat ek soms aangepak het. Kom ons maak van 2014 'n GROOT jaar met GROOT suksesse vir ons mense! Sx

www.boervrouliga.co.za
 
 
EFF wil 2014-verkiesing met rooi barette wen

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Donderdag gesê die EFF beplan om die verkiesing in 2014 te wen, maar die speelvlak is nie gelyk nie.

Kwessies rakende die OVK

“Talle van die verkiesingswette, reëls en regulasies is ten gunste van die bestaande politieke partye en die meerderheidsparty,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die EFF gaan glo die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en die verkiesingshof nader om sekere kwessies aan te spreek. Eerstens is die R45 000 verpligte registrasiefooi per politieke party per provinsie en die R200 000 wat vir die politieke party nasionaal betaal moet word. “Dit sluit partye, wat nie geld het nie, maar tog baie volgelinge het, uit.”

Die tweede kwessie is die OVK-finansieringsmodel waarvolgens slegs politieke partye met ʼn setel in die parlement, geld ontvang. “Dit is onregverdig. Die OVK finansier gevolglik politieke partye om dieselfde aantal setels te behou wat hulle tans oor beskik,” het Malema gesê.

Die derde kwessie is die Icasa-regulasie dat mediadekking, hoofsaaklik radio en televisie, bepaal sal word kragtens die hoeveelheid setels wat ʼn party in die parlement het.

Malema sê dit benadeel nuwe politieke partye.

“Ons glo ʼn vreedsame oplossing oor dié kwessies sal die speelvlak gelyk maak en waarborg dat alle Suid-Afrikaners ʼn gelyke geleentheid ontvang om vir die regering van hul keuse te stem.”

Lede en lidmaatskapfooie

Malema het ook gesê die EFF het nou meer as 400 000 lede. “Dit is R10 per lidmaatskap en ons het die finansiële state na die rekenmeester geneem om te bepaal hoeveel R10e in die rekening inbetaal is,” het hy gesê. “Die rekenmeester is nog nie klaar nie, maar ons is dankbaar dat hy reeds verby die 400 000 kerf is.” Die EFF het glo ʼn doelwit gestel om, voordat die verkiesing aanbreek, 500 000 lede te hê.

Malema sê talle ondersteuners van die party kan nie die R10-lidmaatskapfooi bekostig nie. “Dit is nie ʼn grap nie, dit is die werklikheid.” Malema sê as die lede R10 het, kan hulle oorweeg om dit op die lidmaatskapgelde te spandeer, maar as hulle brood sien is dit belangriker. “Hulle moet eet.”

Malema sê die organisasie word befonds deur lidmaatskapfooie, donasies en die verkope uit EFF-handelsware. Die grootste bedrag wat hulle tot dusver van ʼn lid ontvang het, was R50 000.

Rooi barette

Volgens die Sowetan-koerant het die ANC glo 50 000 rooi barette aangeskaf voor sy manifes-vergadering komende naweek. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het aan die koerant gesê die doel is om die EFF “plat te druk”. “Niemand het ʼn monopolie oor ʼn rooi baret nie.”

Malema het Donderdag gesê daar is niemand in die ANC meer oor wat kreatiewe idees het nie, en dit is hoekom hulle die rooi barette steel. “Daar is niemand meer oor wat opgewondenheid kan aanwakker voor die verkiesing nie, en ook nie ʼn 2014-verkiesingsnalatenskap nie. Die nalatenskap van die 2014-verkiesing gaan die rooi baret wees,” het Malema gesê.

Antonie Horn

Metropolisie skiet glo straatverkoper oor piesangs

ʼn Straatverkoper is glo in Pretoria se middestad geskiet nadat hy geweier het om sy voorraad aan die Tshwane-metropolisie te oorhandig.

Volgens Shoes Maloka, die woordvoerder van die Tshwane Handelaarsforum, is die slagoffer, Foster Jan Rivombo, Woensdag van naby deur ʼn metropolisiebeampte geskiet. “Daar was ʼn stryery tussen die straatverkopers en metropolisebeamptes. Een van die beamptes het sy vuurwapen te voorskyn gebring en Rivombo geskiet omdat hy sy piesangs wou vat,” het Maloka gesê.

“Nadat hulle Rivombo geskiet het, het hulle hom in ʼn bakkie gelaai en vir drie ure lank nie ʼn ambulans ontbied nie. Sommige verkopers het daarop aangedring dat ʼn ambulans ontbied word, waarna hulle in hegtenis geneem is.”

Maloka het gesê die forum se leier het Donderdag die hele dag tevergeefs probeer om die straatverkopers uit aanhouding te kry.

Senior supt. Isaac Mahamba, woordvoerder vir die Tshwane-metropolisie, het navrae oor die voorval na die burgemeester se woordvoerder, Blessing Manale, verwys. Manale kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

Abel Malan se uitdaging aan die vier grootste liberale

Abel Malan se uitdaging aan die vier grootste liberale Afrikaners in die land wat die Behoudende Afrikaner se versugting na ’n eie Vaderland met minagting teenstaan.
Verlede Donderdag was dit een jaar sedert ek 'n week in die Stellenbosch gevangenis deurgebring het nadat ek Professor Anton Van Niekerk van Stellenbosch in sy kantoor aangerand het. Ek daag die vier grootste Afrikaner liberaliste (Professor van Niekerk, Dr. Pierre De Vos van UCT, Harald Pakendorf en Max Du Preez almal gelyktydig uit tot 'n lewendige openbare debat op televisie aangaande die wenslikheid van 'n onafhanklike Vaderland vir die behoudende Christen Afrikaner. Abel Malan.
 
 https://www.facebook.com/abel.malan
 

Monday, 6 January 2014

Boerevolkstaat

 En ons groet 2014! - Piet Rudolph 

 http://www.volkstaat.org/

Mag die nuwejaar wat ons van die horison toewink na ’n nuwe toekoms, ons verwagtinge ryklik vermenigvuldig. En as dit Sy wil is. Mag net die mooiste en edelste u deel wees.

Die jaar 2013 was vol opwinding..... maar ook terugslae en diepe teleurstellings.
Vir ons Boere, die ernstige terugslag van burgers wat tronktoe gestuur is op politieke klagtes wat onder ander omstandighede van hulle helde sou gemaak het. Die vyandige wêreld sal graag van hulle politieke uitvaagsels wil maak, maar ons opregte Boere salueer hulle wat die stelsel wou ontbloot vir wat dit is.. ’n neerdrukkende, diskriminerende magsmisbruik van onbevoegde indiwidue wat besig is om ’n land oor die afgrond te stuur.
Ongelukkig is daar nog nie genoeg stemme wat hierteen beswaar kan maak nie. Daarom salueer ons hulle wat bereid is om te sê tot hiertoe en nie verder nie. Dit sal ongelukkig opofferinge verg wat nie almal bereid is om te maak nie.
Hierdie jaar sal ook die herdenking wees van die bloedige opstand in 1914, tydens die rebellie en die onnodige verkwisting van Boerebloed. Ons roep in herinnering die dood van onder andere genls. De la Rey, Beyers, kommandant Jopie Fourie, voor ‘ vuurpeleton en talle ander wat as verraaiers in die tronk gestop is. Sal ons dit ooit vergeet?

Jopie Fourie
Vir die Boerevolk lê daar harde werk voor. Mag hierdie jaar wat voorlê, die verwesenliking sien van ons ideal van die herstel van ons Vryheid binne die Boere-Republieke. Laat ons dus met nuwe vuur en groter entoesiasme die mou oprol, in die vaste wete : Ons kan!

Abel Malan se Nuwe Photo 2014

Abel Malan se Nuwe Photo 2014

https://www.facebook.com/abel.malan


Die lied van Jong Suid-Afrika

1. En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van 'n volk se ontwakin,
Wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die noorde,
Rys dawerend luid ide akkoorde:
Dit is die lied van Jong Sui-Afrika.

2. Die klop vna ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het klowe en kranse gehoor.
Die diere het, stil staan en luister,
Die bome het bewend gefluister:
Dit is die koms van Jong Suid-Afrika.

3. Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kerjakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die land van Jong Suid-Afrika.

4. Die golwende veld is ons woning,
En ons ak is die hemelblou;
Die vrijheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en Bou"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het,
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika.


saam staan as een boere volk boere groete






Antonie Horn se Nuus Blad

 
 
Vier polisiebeamptes vas ná man sterf
SAPDVier polisiebeamptes van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat ʼn man wat hulle vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem het oorlede is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die oorledene is op 25 Desember deur die polisiebeamptes in hegtenis geneem. “Die beamptes beweer dat die man sy arrestasie teengesit het maar dat hulle uiteindelik daarin kon slaag om hom in hegtenis te neem en agter in ʼn vangwa te laai.” Dlamini sê die beamptes het die man na ʼn polisiestasie vervoer om papierwerk te voltooi waarna hulle hom later na ʼn plaaslike geneesheer gevat het om bloed te trek. “Die beamptes beweer dat terwyl hulle die man na die dokter vervoer het hy die deur van die vangwa geskop het en homself beseer het. Hulle beweer verder dat die man uit die vangwa gespring het en verdere beserings opgedoen het met hul terugkeer na die polisiestasie.” Dlamini sê paramedici is na die polisiestasie ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. Hy het verskeie beserings opgedoen. Die vier konstabels sal na verwagting Maandag in die Ekangala-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
 
 
 
 
Jeugloonsubsidie – Cosatu wil hof toe
Cosatu dreig nou om die hof te nader oor die omstrede Wet wat bekend staan as die Jeugloonsubsidie wat op 1 Januarie vanjaar inwerking getree het.

Patrick Craven, ’n Cosatu woordvoerder, sê hulle is besig om regsadvies te bekom oor die Wet op Belastingaansporings.

Die Wet het glo ten doel om werkgewers ’n belastingkorting te gee wanneer hulle jongmense in die ouderdomsgroep 18 tot 29 jaar in diens geneem word.

“Ons is algeheel gekant teen die wet, want dit gaan ouer mense, met jare lange ervaring, uit die werksomgewing druk,” het Craven gesê.

Cosatu is ook “woedend” oor die wyse waarop die wet op die wetboek gekom het sonder om die werkerskorps en vakbonde te ken in die saak.

Minister Pravin Gordhan, het blykbaar reeds twee jaar gelede R5 miljard bewillig vir die projek wat deur die regering beplan is. Cosatu se teenkanting en optrede het daartoe gelei dat die Wet nou eers deurgevoer kon word.
 
 
 
NWes-premier spandeer R1,3 m op motor
Thandi Modise, premier van Noordwes, het R1,3 miljoen op ʼn nuwe motor spandeer ondanks die feit dat die kabinet vroeër buitensporige besteding op luukse voertuie verbied het, berig die Sunday Times.

Raymond Elisha, LUR vir vervoer in Noordwes, het bevestig dat die premier ʼn nuwe BMW 750i gekoop het. Elisha het aan die koerant gesê dat die premier geen wette oortree het met die aankoop van die motor nie. “Die motor is in ooreenstemming met die ministeriële handboek gekoop waarvolgens ʼn motor ter waarde van 70% van die haar salaris gekoop kan word.” Pravin Gordhan, minister van finansies, het in Oktober vanjaar opdrag gegee dat ministers, LUR’s en premiers voertuigaankope moet beperk. Elisha sê die premier se besluit om ʼn nuwe motor te koop is geneem voor Gordhan die besparingmaatreëls aangekondig het. “Al wat ek weet is dat ek ʼn motor gebruik het wat permanent herstel moes word en uiteindelik is daar vir my gesê ons koop ʼn nuwe motor,” het Modise gesê.
 
 
Sanral eis betaling van dooie mense
Motoriste is uiters gebelgd oor die wyse waarop Sanral die e-tol rekeninge hanteer.

Outa het intussen ook talle ontevredenes opgespoor wat beweer dat hulle SMS’e ontvang waarin hulle versoek word om e-tol skywe te koop en te registreer.

Talle motoriste beweer ook dat fakture wat uitgereik word nie aan die basiese vereistes van ’n faktuur voldoen nie.

Een motoris beweer dat hy deur die oproep sentrum verwittig is dat hy slegs sy rekening kan betaal as hy by ’n Sanral kantoor aandoen. Die motoris gaan toe na ’n Sanral kantoor, waar hy 20 minute moes wag om R28 te betaal.

Op versoek dat ’n faktuur benodig word om seker te maak die korrekte bedrag word betaal, het ’n vriendelike klerk gesê die sisteem beskik oor uiters min inligting, en uitgedrukte fakture is nie moontlik nie, behalwe as die bedrag betaal word, waarna ’n gedrukte faktuur gelewer word.

Die skrif op die faktuur is egter so klein dat ’n vergrootglas nodig is om te lees wat daarop geskryf is.
Intussen het Die Vryburger verneem dat Sanral selfs e-tol rekeninge uitstuur aan mense wat oorlede is. Mnr. Louis Scott van Honeydew sê Sanral het sy pa, Charlie, wat in Oktober 2012 oorlede is, op 30 Desember 2013 per SMS laat weet dat hy R612-00 moet opdok.

Mnr. Derick Lubbe van Pretoria sê hy is per SMS laat weet hy skuld R869 nadat hy van 3 tot 7 Desember tussen Pretoria en Bruma deur die e-tolhekke gery het.

Adri Fourie, sê sy is per e-pos laat weet sy skuld R204. Sy het by Sanral gaan vasstel hoe hulle aan die bedrag kom. Dit is vasgestel dat ’n Nissan X-trail dieselfde nommer het as haar VW Golf.

Sy het Sanral laat weet sy het nie die pad gebruik nie, waarop hulle laat weet het dat sy moet bewys lewer dat sy dit nie gebruik het nie - en sy weier om dit te doen, want hoe moet sy dit bewys.

Elize Saunders, woon en werk in Randfontein, en het nog nie die tolpad gebruik nie, maar is verwittig sy skuld R850-00.

Cindy Poluta, sê sy is per SMS in kennis gestel sy skuld R3,520 vir die drie keer wat sy op die pad gery het.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het gesê die stelsel raak vinniger ’n klug as wat verwag is.

“Ons het voorspel die stelsel gaan ondoeltreffend en nie haalbaar wees nie. Die stelsel is die grootste ter wêreld en net te tegnies.

Volgens Duvenage moet motoriste nie toelaat dat hulle op grond van die dreig-SMS’e die skrik op die lyf gejaag word nie.

“Watter instelling stuur ’n SMS aan ’n kliënt vir betaling?

Motoriste wat per SMS aanmanings kry oor agterstallige e-tol gelde kan op drie maniere handel, deur die gevraagde bedrag te vereffen, of navraag doen en die verwysingsnommer bewaar, of ’n dispuut verklaar.

Motoriste word vermaan om nie die “aanmanings” te ignoreer nie, want dit kan teen jou gebruik word in ’n geding.
 
 
 
Donker toekoms met kosproduksie
As die tendense voortduur soos wat in 2013 die geval was, staar Suid-Afrika hongersnood in die gesig.

Dit is die mening van ’n woordvoerder van Oranje Sake Instituut na aanleiding van talle aspekte wat daarop dui dat te veel mense hulle werk verloor het in die afgelope jaar.

Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling sê sowat 100,000 mense het reeds hulle werk verloor.

Die Owerheid se onvriendelike optrede teenoor mense in die visbedryf is die jongste voorbeeld van hoe die land agteruit boer, en werkloosheid toeneem, het die woordvoerder gesê.

“Dit lei tot groter krisisse en gesinne kan nie meer kos op die tafel kry nie”, sê Lumka Oliphant, van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

Die stakings, wat met geweld gepaard gegaan het in die landbousektor, het daartoe gelei dat baie boere besig is om stelselmatig oor te skakel na meganisasie, wat noodwendig tot groter werkloosheid lei.

Die toetrede van ’n halfmiljoen matrikulante tot die arbeidsmark, is ’n ewe kommerwekkende aspek, aangesien die ekonomie nie gunstig vertoon om indiensneming te bevorder nie.

Die nie-amptelike koers vir werkloosheid staan tans, volgens die Statistiekdiens op meer as 37%. De syfer gaan waarskynlik verhoog met die toetrede van die matrikulante wat nou as werkloses beskou sal word.

Alhoewel dit reeds bewys is dat die landbouers van Suid-Afrika oor die vermoë beskik om die voedselproduksie te verdubbel, is die huidige landswette die remskoen.

Intussen is aangekondig dat Suid-Afrika miljoene ton graan aan Zimbabwe gaan verkoop, terwyl die binnelandse verbruik besig is om skerp te styg, te midde van ’n ernstige droogte wat daarop dui dat die produksie vir vanjaar minder sal wees as wat die binnelandse aanvraag en verbruik is.

Ingeligte waarnemers vra egter hoe die Zimbabwe regering vir die aankope van graan gaan betaal, in ag genome dat dit die derde armste land in die wereld is.

Te midde van alles, het die regering se sogenaamde “voedselhulp-programme” vir 2013 drasties toegeneem, en is kos vir meer as R400miljoen uitgedeel, wat meer as dubbel die hoeveelheid is as in jare wat nie ’n algemene verkiesing voorafgaan nie.